Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Afrikaanse stories
1. AFRIKAANSE
STORIES
VIR KINDERS
https://www.smashwords.com/profile/view/Riaana
2. Pollyanna sal jou hart aanraak met haar
kinderlike opregtheid. Alhoewel sy
maklik die ongelukkigheid in ander
mense se lewe opmerk, het sy haar eie
oplossings wat almal slaafs navolg.
Pollyanna moet by vreemdelinge
gaan bly waar sy nuwe vriende maak.
‘n Verlamde seun speel ‘n groot rol
om haar te help om grootmens
besluite te neem. Haar tante se lewe
verander en Pollyanna moet aanpas.
Sy is verward en moet keuses maak.
Haar hart of haar kop volg?
3. Poplap Annie kan sien, hoor, loop en is ‘n
baie slim lappop. Die ander poppe volg haar
graag en sy leer hulle hoe om in
menswêreld te oorleef. Haar lessies is
eenvoudig maar treffend. Sy was die eerste
lappop wat ‘n hartjie gekry het.
Hierdie is ‘n storie van ‘n ander tipe
prinses. ‘n Prinses wat ‘n weeskind is –
alleen, koud, honger en misbruik. Sara
Crewe het haar lewe begin as ‘n geliefde
dogter van ‘n ryk man. Ongelukkig sterf hy
as ‘n armlastige en sy word in die hande
van die koue Juffrou Minchin gelaat.
4. Pragtige illustrasies met vier stories vir
kinders om self te lees. Pietertjie is ‘n
stout hasie, Padda Prins, Prinses Belle
en Aladdin is almal ou geliefde verhale
wat tot aan die einde bekoor.
Interessante stories van regoor die
wêreld, vertaal in Afrikaans. Van dwerge,
prinse, ridders en die aaklige seeslang.
Moedig die jongspan aan om self te lees
en te ontdek.
5. Stories vir kinders is verhale wat vroeg in
1900’s geskryf was met pragtige illustrasies.
Lees hoe Sproetgesig Padda haarself mooi
gemaak het, hoe Mamma Gans slim was om
almal te beskerm en of Willie Muis toe by die
maan uitgekom het. Die Bosbabatjie was
verlei deur die slang. Kolonel Mieliepit en
Juffrou Akkerboontjie gaan op wêreldreise
want hulle moet Jackie en Peggs se mamma
en pappa vind.
Hierdie eboeke kan gekoop word by
https://www.smashwords.com/profile/view/Riaana