SlideShare a Scribd company logo
1 of 31
Die storie van die 
Wilgerboompatroon. 
Deur V Holley
Het jy geweet? 
Het julle ook al gewonder wat die verhaal van die 
bord met die wilgerboompatroon is? 
Die liefde tussen Chang en Koong See in ‘n ou 
Chinese sprokie het dwarsdeur die wêreld so 
bekend geraak dat hulle verhaal op ‘n mooi wit en 
blou bord uitgebeeld word. 
Sprokie: In sprokies lees on dikwels van twee 
mense wat lief word vir mekaar terwyl ‘n derde 
persoon hard probeer om hulle liefde te vernietig.
Drie mense wat oor 
‘n brug vlug1, ‘n 
eilandjie2 en twee 
duifies3 kan ook 
tussen die 
wilgertakke gesien 
word en alles is in 
pragtige blou en wit. 
1 
3 2
Karakters 
Daar is 2 hoofkarakters: 
Koong See – ’n ryk 
Chinese meisie. 
Chang – ’n Arm 
Chinese man. 
Die ander karakters: 
Ou mandaryn – Koong 
See se pa. 
Die kamermeisie wat vir 
Koong See werk. 
Die ryk bruidegom wat 
met Koong See moet 
trou, Ta-jin 
Soldate wat Koong See 
en Chang agtervolg.
Die storie begin. 
Honderde jare gelede het 
daar in China ’n ou man 
gewoon wat baie ryk maar 
baie onvriendelik was. 
Toe hy baie geld besit het, 
het hy vir hom ’n pragtige 
paleis naby die rivier 
gekoop. Omdat hy lui was, 
het hy ’n jong man met die 
naam Chang gehuur om 
vir hom te werk.
Hierdie ryk mandaryn het 
’n pragtige dogter met 
die naam Koong See 
gehad. Op ’n goeie dag 
het Chang haar in die 
tuin gesien en op haar 
verlief geraak. Maar 
Chang was self ’n mooi 
man en Koong See het 
hom ook liefgekry.
Hulle het egter 
geweet dat Koong 
See se vader hulle 
nooit sou toelaat om 
met mekaar te trou 
nie, omdat Chang ’n 
arm man was.
Maar hulle het mekaar so liefgehad dat hulle belowe 
het om nooit van mekaar weg te gaan nie. Een van 
Koong See se kamermeisies moes altyd wag hou 
terwyl hulle mekaar stilletjies ontmoet.
Eendag ontdek die ou vader 
toe hulle geheim. Hy was 
woedend en het Chang 
dadelik weggestuur. Mooi 
Koong See is in ’n huis op ’n 
eilandjie in die rivier 
toegesluit. 
Rondom haar was net water.
Alleen op die eilandjie het Koong See bleek en 
maer geword, omdat sy so opgesluit was. Toe 
laat haar vader ’n balkon voor haar venster bou 
en ’n bruggie tot in die tuin.
Intussen het die ou mandaryn sy dogter, Koong See, 
wat nou oud genoeg was om te trou, aan ’n lelike ou 
ryk man Ta-jin verloof. 
Sodra die eerste bloeisels uitkom, moes sy met hom 
trou.
Eendag, nadat sy haar 
al siek gehuil het, het 
Koong See in die tuin 
gesit. Meteens sien sy 
’n klapperdoppie met ’n 
seiltjie daaraan na haar 
toe aangedryf kom. Sy 
word nuuskierig, neem 
’n stok en trek die 
doppie uit die water uit.
En raai wat is in die 
doppie? ‘n Briefie van 
Chang! Daarin skryf hy 
toe dat hy op haar 
troudag sou sterf. 
Koong See was 
natuurlik baie harsteer, 
maar skryf toe vir 
Chang ‘n briefie waarin 
sy smeek dat hy haar 
moet kom red, sit dit in 
die klapperdoppie en 
gooi dit in die stroom.
Dae lank het Koong See gewag op ’n boodskap van 
Chang, maar daar het niks gebeur nie. 
Toe begin die bome bot en haar troudag kom nader.
Net voor die bruilof het haar vader haar ’n 
kissie juwele gegee; dit was ’n geskenk van 
haar ryk bruidegom, Ta-jin.
Terwyl die bruilof aan die 
gang was, het ’n 
vreemde man die saal 
binnegekom. Niemand 
het gesien dat dit Chang 
was nie. Hy het stilletjies 
in Koong See se kamer 
in gesluip en haar beveel 
om saam met hom te 
vlug. Met die kissie 
juwele by haar is Koong 
See toe saam met 
Chang.
Die ou vader het hulle 
egter gesien en 
agternagesit. Kyk net 
na die patroon op die 
bord, dan sal julle sien 
hoe Koong See heel 
voor hardloop; dan kom 
Chang met die kissie 
juwele en agter hom die 
ou man met ’n sweep.
Die jong paartjie het 
darem ontvlug en in die 
huisie van Koong See 
se kamermeisie gaan 
woon nadat hulle 
getroud is.
Dis darem nie die einde van die storie nie. Koong 
See se ou bruidegom, Ta-jin, het uitgevind waar 
hulle woon en sy soldate agter hulle aan gestuur.
Terwyl hulle by die deur probeer inkom het, het 
Chang gou ’n bootjie gaan haal, Koong See daarin 
getel en met haar gevlug. Op die bord sal julle die 
klein bootjie met Chang en Koong See daarin sien.
Met die geld van die juwele het hulle ’n eilandjie 
gekoop en baie gelukkig daarop gewoon.
Chang wat ‘n knap boer 
was, skryf toe ‘n boek 
oor boerdery. 
Die ou mandaryn kry 
die boek te sien en vind 
uit waar hulle woon. 
Dadelik stuur hy sy 
soldate na die eilandjie.
Chang het dapper 
geveg, maar is 
uiteindelik doodgesteek. 
Toe Koong See sien dat 
haar geliefde Chang 
sterf, steek sy die huis 
aan die brand omdat sy 
ook nie langer wou lewe 
nie.
Maar die Chinese gode was 
jammer vir Chang en Koong See. 
Hulle het die twee geliefdes in 
duifies verander sodat hulle vir 
ewig by mekaar kon wees.
Woorde waaroor jy wonder. 
wilgerboom ‘n Mooi boom met lang takke wat amper tot op die grond hang en 
meestal naby water staan. 
mandaryn ‘n Hoë amptenaar wat vir die regering in China werk. 
kamermeisie ‘n Meisie wat in die kamers van ‘n hotel of paleis werk. 
eilandjie ‘n Stukkie land wat met water omring is. 
bleek Sonder kleur. 
balkon ‘n Stoep wat aan die buitekant van die boverdieping van ‘n gebou. 
bloeisels Die eerste blomme van die lente. 
klapperdoppie Die harde dop of skil van ‘n kokosneut. 
seiltjie ‘n Stukkie materiaal wat aan die klapperdop vasgemaak is sodat dit in 
die wind soos ‘n skippie kan beweeg. 
nuuskierig As jy baie graag iets wil weet, is jy nuuskierig. 
bruidegom ‘n Man op sy troudag. 
paartjie Twee mense, ‘n man en ‘n vrou wat vir mekaar lief is. 
ontvlug Wegkom deur te vlug. 
knap Fluks en flink en glad nie lui nie.
Woordeskat 
klapperdoppie balkon eilandjie 
bloeisels bleek seiltjie
Lees die verhaal versigtig deur en antwoord dan die volgende 
VRAE
1. Wie is die hoofkarakters in die verhaal? (2) 
2. Waar speel die verhaal af? (1) 
3. Waarom het Chang by die mandaryn kom werk?(2) 
4. Waarom het Koong See op Chang verlief 
geraak? (1) 
5. Waarom kon die geliefdes nie trou nie? (2) 
6. Wat het gebeur toe die geliefdes se geheim ontdek 
is? (3) 
7. Hoe het Koong See op die eiland gewoon? (2)
8. Watter verskriklike ding het gebeur toe Koong See 
op die eiland was? (3) 
9. Wanneer sou haar huwelik plaasvind? (2) 
Haal ‘n gedeelte aan om dit te bewys. 
10.Hoe het Chang met Koong See kontak 
gemaak? (1) 
11.Watter slegte nuus het Koong See van Chang 
ontvang? (1) 
12.Wat laat weet Koong See vir Chang? (1) 
13.Wat was haar trougeskenk van Ti-jin? (1) 
14.Hoe het Chang so ongesiens ingekom by die 
bruilofsfees? (2)
15.Was die paartjie gelukkig nadat hulle ontsnap het? 
Ja/Nee (1) 
Hoe weet jy dit? (2) 
16.Het die paartjie die tweede keer ontsnap? (1) 
17.Waar het hulle die tweede keer gelukkig 
gewoon? (2) 
18.Watter werk het Chang nou gedoen? (1) 
19.Hoe het die mandaryn uitgevind waar hulle 
woon? (2) 
20.Hoe het Chang aan sy einde gekom? (2) 
21.Waarom het Koong See die huis aan die brand 
gesteek? (2) 
22.Verduidelik wat ‘n sprokie is? (2)

More Related Content

Featured

AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfmarketingartwork
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024Neil Kimberley
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)contently
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024Albert Qian
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsKurio // The Social Media Age(ncy)
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Search Engine Journal
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summarySpeakerHub
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Tessa Mero
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentLily Ray
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best PracticesVit Horky
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementMindGenius
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...RachelPearson36
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Applitools
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at WorkGetSmarter
 

Featured (20)

AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
 
Skeleton Culture Code
Skeleton Culture CodeSkeleton Culture Code
Skeleton Culture Code
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work
 
ChatGPT webinar slides
ChatGPT webinar slidesChatGPT webinar slides
ChatGPT webinar slides
 
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike RoutesMore than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
 

Die storie van die wilgerboompatroon

  • 1. Die storie van die Wilgerboompatroon. Deur V Holley
  • 2.
  • 3. Het jy geweet? Het julle ook al gewonder wat die verhaal van die bord met die wilgerboompatroon is? Die liefde tussen Chang en Koong See in ‘n ou Chinese sprokie het dwarsdeur die wêreld so bekend geraak dat hulle verhaal op ‘n mooi wit en blou bord uitgebeeld word. Sprokie: In sprokies lees on dikwels van twee mense wat lief word vir mekaar terwyl ‘n derde persoon hard probeer om hulle liefde te vernietig.
  • 4. Drie mense wat oor ‘n brug vlug1, ‘n eilandjie2 en twee duifies3 kan ook tussen die wilgertakke gesien word en alles is in pragtige blou en wit. 1 3 2
  • 5. Karakters Daar is 2 hoofkarakters: Koong See – ’n ryk Chinese meisie. Chang – ’n Arm Chinese man. Die ander karakters: Ou mandaryn – Koong See se pa. Die kamermeisie wat vir Koong See werk. Die ryk bruidegom wat met Koong See moet trou, Ta-jin Soldate wat Koong See en Chang agtervolg.
  • 6. Die storie begin. Honderde jare gelede het daar in China ’n ou man gewoon wat baie ryk maar baie onvriendelik was. Toe hy baie geld besit het, het hy vir hom ’n pragtige paleis naby die rivier gekoop. Omdat hy lui was, het hy ’n jong man met die naam Chang gehuur om vir hom te werk.
  • 7. Hierdie ryk mandaryn het ’n pragtige dogter met die naam Koong See gehad. Op ’n goeie dag het Chang haar in die tuin gesien en op haar verlief geraak. Maar Chang was self ’n mooi man en Koong See het hom ook liefgekry.
  • 8. Hulle het egter geweet dat Koong See se vader hulle nooit sou toelaat om met mekaar te trou nie, omdat Chang ’n arm man was.
  • 9. Maar hulle het mekaar so liefgehad dat hulle belowe het om nooit van mekaar weg te gaan nie. Een van Koong See se kamermeisies moes altyd wag hou terwyl hulle mekaar stilletjies ontmoet.
  • 10. Eendag ontdek die ou vader toe hulle geheim. Hy was woedend en het Chang dadelik weggestuur. Mooi Koong See is in ’n huis op ’n eilandjie in die rivier toegesluit. Rondom haar was net water.
  • 11. Alleen op die eilandjie het Koong See bleek en maer geword, omdat sy so opgesluit was. Toe laat haar vader ’n balkon voor haar venster bou en ’n bruggie tot in die tuin.
  • 12. Intussen het die ou mandaryn sy dogter, Koong See, wat nou oud genoeg was om te trou, aan ’n lelike ou ryk man Ta-jin verloof. Sodra die eerste bloeisels uitkom, moes sy met hom trou.
  • 13. Eendag, nadat sy haar al siek gehuil het, het Koong See in die tuin gesit. Meteens sien sy ’n klapperdoppie met ’n seiltjie daaraan na haar toe aangedryf kom. Sy word nuuskierig, neem ’n stok en trek die doppie uit die water uit.
  • 14. En raai wat is in die doppie? ‘n Briefie van Chang! Daarin skryf hy toe dat hy op haar troudag sou sterf. Koong See was natuurlik baie harsteer, maar skryf toe vir Chang ‘n briefie waarin sy smeek dat hy haar moet kom red, sit dit in die klapperdoppie en gooi dit in die stroom.
  • 15. Dae lank het Koong See gewag op ’n boodskap van Chang, maar daar het niks gebeur nie. Toe begin die bome bot en haar troudag kom nader.
  • 16. Net voor die bruilof het haar vader haar ’n kissie juwele gegee; dit was ’n geskenk van haar ryk bruidegom, Ta-jin.
  • 17. Terwyl die bruilof aan die gang was, het ’n vreemde man die saal binnegekom. Niemand het gesien dat dit Chang was nie. Hy het stilletjies in Koong See se kamer in gesluip en haar beveel om saam met hom te vlug. Met die kissie juwele by haar is Koong See toe saam met Chang.
  • 18. Die ou vader het hulle egter gesien en agternagesit. Kyk net na die patroon op die bord, dan sal julle sien hoe Koong See heel voor hardloop; dan kom Chang met die kissie juwele en agter hom die ou man met ’n sweep.
  • 19. Die jong paartjie het darem ontvlug en in die huisie van Koong See se kamermeisie gaan woon nadat hulle getroud is.
  • 20. Dis darem nie die einde van die storie nie. Koong See se ou bruidegom, Ta-jin, het uitgevind waar hulle woon en sy soldate agter hulle aan gestuur.
  • 21. Terwyl hulle by die deur probeer inkom het, het Chang gou ’n bootjie gaan haal, Koong See daarin getel en met haar gevlug. Op die bord sal julle die klein bootjie met Chang en Koong See daarin sien.
  • 22. Met die geld van die juwele het hulle ’n eilandjie gekoop en baie gelukkig daarop gewoon.
  • 23. Chang wat ‘n knap boer was, skryf toe ‘n boek oor boerdery. Die ou mandaryn kry die boek te sien en vind uit waar hulle woon. Dadelik stuur hy sy soldate na die eilandjie.
  • 24. Chang het dapper geveg, maar is uiteindelik doodgesteek. Toe Koong See sien dat haar geliefde Chang sterf, steek sy die huis aan die brand omdat sy ook nie langer wou lewe nie.
  • 25. Maar die Chinese gode was jammer vir Chang en Koong See. Hulle het die twee geliefdes in duifies verander sodat hulle vir ewig by mekaar kon wees.
  • 26. Woorde waaroor jy wonder. wilgerboom ‘n Mooi boom met lang takke wat amper tot op die grond hang en meestal naby water staan. mandaryn ‘n Hoë amptenaar wat vir die regering in China werk. kamermeisie ‘n Meisie wat in die kamers van ‘n hotel of paleis werk. eilandjie ‘n Stukkie land wat met water omring is. bleek Sonder kleur. balkon ‘n Stoep wat aan die buitekant van die boverdieping van ‘n gebou. bloeisels Die eerste blomme van die lente. klapperdoppie Die harde dop of skil van ‘n kokosneut. seiltjie ‘n Stukkie materiaal wat aan die klapperdop vasgemaak is sodat dit in die wind soos ‘n skippie kan beweeg. nuuskierig As jy baie graag iets wil weet, is jy nuuskierig. bruidegom ‘n Man op sy troudag. paartjie Twee mense, ‘n man en ‘n vrou wat vir mekaar lief is. ontvlug Wegkom deur te vlug. knap Fluks en flink en glad nie lui nie.
  • 27. Woordeskat klapperdoppie balkon eilandjie bloeisels bleek seiltjie
  • 28. Lees die verhaal versigtig deur en antwoord dan die volgende VRAE
  • 29. 1. Wie is die hoofkarakters in die verhaal? (2) 2. Waar speel die verhaal af? (1) 3. Waarom het Chang by die mandaryn kom werk?(2) 4. Waarom het Koong See op Chang verlief geraak? (1) 5. Waarom kon die geliefdes nie trou nie? (2) 6. Wat het gebeur toe die geliefdes se geheim ontdek is? (3) 7. Hoe het Koong See op die eiland gewoon? (2)
  • 30. 8. Watter verskriklike ding het gebeur toe Koong See op die eiland was? (3) 9. Wanneer sou haar huwelik plaasvind? (2) Haal ‘n gedeelte aan om dit te bewys. 10.Hoe het Chang met Koong See kontak gemaak? (1) 11.Watter slegte nuus het Koong See van Chang ontvang? (1) 12.Wat laat weet Koong See vir Chang? (1) 13.Wat was haar trougeskenk van Ti-jin? (1) 14.Hoe het Chang so ongesiens ingekom by die bruilofsfees? (2)
  • 31. 15.Was die paartjie gelukkig nadat hulle ontsnap het? Ja/Nee (1) Hoe weet jy dit? (2) 16.Het die paartjie die tweede keer ontsnap? (1) 17.Waar het hulle die tweede keer gelukkig gewoon? (2) 18.Watter werk het Chang nou gedoen? (1) 19.Hoe het die mandaryn uitgevind waar hulle woon? (2) 20.Hoe het Chang aan sy einde gekom? (2) 21.Waarom het Koong See die huis aan die brand gesteek? (2) 22.Verduidelik wat ‘n sprokie is? (2)