2. Wat beteken die woord ‘demokrasie’?
• ‘n Demokrasie is die manier waarop ons land
regeer word vanaf 1994.
• Daar word gereeld verkiesings gehou en almal
wat burgers is mag stem.
• Meer as een party mag deelneem aan die
verkiesings.
• In ‘n demokratiese land het mense regte en
vryheid.
• Die mense van die land regeer die land.
3. Die verkiesingsproses
• Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK)
• Registrasie van kandidate
• Registrasie van kiesers
• Die dae voor die stemdag
• Die verkiesingsdag breek aan!
• Die stemme word getel...
4. Die Onafhanklike
Verkiesingskommissie (OVK)
• Die Onafhanklike Verkiesingskommissie is in beheer van die
verkiesings.
• Hul maak seker dat alles glad verloop en dat daar nie enige
onreëlmatighede voorkom nie.
• Hul maak seker dat alle politieke partye en kiesers
geregistreer word.
• Hul tel die stemme en kondig die wenner van die verkiesing
aan.
• Nasionale en Provinsiale verkiesings vind elke 5 jaar
plaas, die eerste een was in 1994.
• Munisipale verkiesings vind ook elke 5 jaar plaas maar die
eerste jaar van ‘n munisipale verkiesing was in ???!?!?!
6. Registrasie van die kandidate
• Voor die verkiesing plaasvind moet alle
kandidate geregistreer word.
• Hierdie kandidate is die verskillende politieke
partye.
• Kan julle dink aan enige voorbeelde?
• Wie is in beheer van Suid-Afrika?
• Wie is in beheer van die Wes-Kaap?
8. Die stembrief
• Wanneer alle kandidate geregistreer is word
daar ‘n stembrief opgestel.
• Die stembrief is die lys waarop al die
kandidate verskyn vir wie jy mag stem.
9.
10. Die registrasie van kiesers
• Om te mag stem moet jy 18 jaar of ouer wees.
• Jy moet ‘n burger van Suid-Afrika wees.
• Jy moet ‘n groen ID-dokument hê om te bewys jy is ‘n
burger en om in aan te dui dat jy geregistreer is.
• Jy moet registreer in die spesifieke area waar jy bly om
te mag stem daar.
• Daar word datums gegee deur die OVK wanneer mense
mag gaan stem, hul mag ook by hul munisipale kantore
gaan registreer.
• As jy nie geregistreer is nie mag jy nie stem nie.
11. Die dae voor die verkiesingsdag…
• Verskillende kandidate werf mense om vir
hulle te stem en hou byeenkomste.
• Kandidate gee vir kiesers redes hoekom daar
vir hul gestem moet word.
• ‘n Mens noem dit verkiesingsveldtogte.
14. Die verkiesingsdag breek aan
• Daar is baie verskillende plekke waar mense
gaan stem soos by skole, kerke en biblioteke.
• Op die verkiesingsdag moet jy kies vir wie jy
stem deur ‘n kruisie te trek op die stembrief.
• Almal mag net een keer stem en daar word in
jou ID dokument aangedui dat jy gestem het
asook op jou duim.
16. Die stemme word getel…
• Die OVK begin al die stemme te tel dieselfde
dag as wat dit geplaas word.
• Dit neem gewoonlik twee dae voor die
wenner van die verkiesing offisieël
aangekondig word.