SlideShare a Scribd company logo
1 of 32
1
2
Hoërskool Tulbagh bied aan
VOULEZ-VOUS
‘n ABBA Musiekblyspel
27 & 28 Oktober 2005
gespeel deur
Ekstras
Kezia-Lee Bussack Rolandia Michaux
Caymee Wales Thereze Theron
Monique Nolan Megan Louw
Elzahn Wilkins Venita Januarie
Zandra de Villiers
Die graad 9-klas
Lente Vermaak……... ……………Zoë Simpson
Helen de Vries………. …….Nicolene Petersen
Rose May …………….. ……..Angelique Olivier
Tobie ………………….. …Bronwin Langeveldt
Kevin Koopman ……. …………Masil Anthony
Danielle Koopman … ………….Nadley Klaase
Eric Engelbreght ….. ………..Hendrik Fourie
Riekie Engelbreght .. ………….Stefan Theron
Hugo Lambrechts Richard Jansen
Jomar Paulse Megan Louw
Dansers
Karakters
3
Toneel 1
Toneel 2
Toneel 3
POUSE
Toneel 4
Voulez-vous
I have a dream
Money, money, money
Dancing Queen
S.O.S
Take a chance on me
Thank you for the music
One of us
I do, I do, I do, I do
Mamma Mia!
Musieknommers
4
Die produksiespan
Produksie-koördineerder
Teks
Toneel
Adrienne van As
Adrienne van As
Lineé Lourens & Adrienne
van As
Hulp: Dekor en Kostuums Thereze Theron
Verhoogbestuurder
Hulp: Dekor
Hugo Lambrechts
Gordyne Johwin Domingo
Clement Frantz
Hulp: Musiek Wrensch Lombard
Klank en Ligte It‟s Music
Bedankings
Gavin Garonne van It‟s Music
Die personeel van Hoërskool Tulbagh
Die ouers en familielede van alle karakters, dansers en
produksiespanlede
Theuniskraal, Tulbagh Wynkelder, Montpellier,
Spar, Breërivier Wynverspreiders,
Laubscher‟s Nissan, Van As familie, Mnr. L. le Roux
VIR ALMAL SE HARDE WERK GEDURENDE DIE LAASTE
PAAR WEKE EN DAE – JULLE IS SOWAAR WENNERS!
5
Die karakters
Lente Vermaak: Meisie – Omtrent 14. Vriendelik, hardwerkend. Moet nog baie leer oor haarself en
haar eie vermoê. Haar ma het onlangs gesterf weens siekte en sy moet by haar tante gaan bly.
Haar pa is ‘n mynwerker op ‘n klein dorpie is en kan nie vir haar sorg nie. Haar lewensdroom is om
op die verhoog te sing en te dans. Sien uit na haar verblyf by die tante, want daar is musiek- en
dansskole in die omgewing. Daar was nie sulke skole op die dorpe vanwaar sy kom nie.
Helen de Vries: Tante – Oujongnooi, eienaar en bestuurder van die herberg; suur, knorrig, swak
bestuursvermoë, slawedrywer. Sy is bekommerd oor die toekoms van die herberg, want sy ontvang
al hoe minder gaste. Ander herberge in die omgewing trek meer gaste, want hulle diens is goed en
hulle verskaf ook vermaak. Sy was voorheen ‘n verpleegster en help somtyds mense (net as sy
moet).
Rose May: Kok – Vroulik, ouerig. Vriendelik, vrolik en wys. Sy werk maar by die herberg, want sy
en die Helen verdra mekaar. Sy bly in ‘n buitekamer van die herberg. Sy doen haar werk met lus,
haar kos is uitstekend. Sy lees situasies goed en verskaf goeie raad aan meisie.
Tobie: Kok se seun – Omtrent 14. Hy doen die meeste werk (dra water aan, bode, aflewering,
bediening, ens.) by die herberg. Word oor die algemeen sleg behandel deur die tante. Hy bly maar
uit haar pad uit.
Kevin Koopman: Ryk man – Fortuinsoeker. Maak asof hy belangstel in die tante, maar wil eintlik
die grond waarop die herberg geleë is, hê vir ontwikkeling. Hy beraam skelm plannetjies sodat die
herberg verder agteruitgang en die tante dit dan op die uiteinde verloor of verkoop. Hy wil dus net
trou, sodat hy die geld kan kry.
Danielle Koopman: Kevin se snobistiese dogter. Dink verskriklik baie van haarself. Kry wat sy wil
hê. Kan ook goed sing en dans, reeds deel van dans- en singskool.
Eric Engelbreght: “Besigheidsman”, vertel aan einde hy is ‘n speurder – maak asof hy besigheid
doen in die omgewing tydens sy verblyf aan die herberg.
Riekie Engelbreght: Eric se seun – Omtrent 13. Aantreklik en vriendelik. Kuier saam met sy pa
tydens sy skoolvakansie.
[Inwoners van die herberg, mans en vrouens, seuns en dogters – Geen name]
6
Die verhoog
Eetkamer van die herberg. Die herberg is aan die buitewyke van ‘n stad geleë. Stewige houttafels
en houtstoele (omtrent 4). Daar is niks op die tafels nie.
Daar is ‘n deur agter regs wat na die kombuis toe lei. Die res van die herberg gaan slegs deur die
gordyne (bv. kamers en tuin).
Die setting bly regdeur die eerste act dieselfde. In Scene 5 is daar minder of geen tafels, meer
stoele en ‘n klein verhogie. Dit is dan meer kleurvol (bv. Tafeldoek, lanterns op die tafel)
Tafel
Stoel
Stoel
Deur na kombuis
Muur met
venster Muur
7
Bedryf 1
Toneel 1
Intro Gr.9 “Voulez-vous”: Dans 4.52
Gordyne oop net nadat musiek begin
No mikes
Fade out
1.1 Lente
Tobie
(Stap in van agter in die saal. “I have a dream” speel in die
agtergrond. „n Tas in die een hand en „n papiertjie in die
ander. Dra swaar. Kyk om haar rond, verwonderd, maar ook
twyfelagtig.)
Sjoe, Hmm..
(Stap links op. Sit tas neer en kyk om haar.)
Ek wonder of dit die regte plek is. Ek het tog die
verduidelikings reg gevolg (kyk na papier en lees): Neem
die 8 uur trein na Klawerfontein. Draai regs by die stasie se
uitgang. Loop 6 blokke af in Vygie straat. Dis die tweede
gebou aan die linkerkant, nommer 17, De Oude Dagbreek
Herberg. Dan moet dit die plek wees… (kyk rond). Ek
wonder waar al die mense is. Dit is so stil…
(Hardloop in van links oor verhoog na kombuisdeur sonder
om Lente raak te sien. Hy het mandjie (emmer) in sy hand
met groente in. Vries dan, draai stadig en verbaas om, stap
stadig nader. Lente staar hom die hele tyd aan.)
Aloha! Kyk hoe laat jy my skrik! My hart slaan sommer „n
paar tellings oor van skone skok. Maar eintlik is ek net
onfiks – hierdie rondhardloop sal nog eendag my dood
beteken. Nou ja, genoeg van my. Waarmee kan ek help? „n
Bed, kos?
Head mike:
Lente
Lights: Dark
Left light
Light: Center
lighter
Head Mike off:
Lente
8
Lente
Tobie
Lente
Tobie
Lente
Tobie
Lente
Tobie
Lente
Tobie
Lente
Ek‟s eintlik op soek na tant Helen. Bly sy hier? Ek het die
aanwysings gevolg, maar is nie seker of ek by die regte plek
is nie.
Jy is sowaar by die regte plek, maar ek‟s nie so seker of jy
regtig op soek wil wees na tant Helen nie!
Hoekom nie? Dit is mos haar herberg?
Dit is haar plek, ja. Sy‟s net …. Ag, sy sal seker nou hier
wees. O, my naam is Tobie. Is jy seker ek kan jou nie help
nie? Ek‟s gelukkig darem vriendelik.
Ek sal wag, dankie. Ek‟s Lente, Lente Vermaak, aangename
kennis (steek hand uit).
Lente? Soos in somer, herfs, winter, lente? Kan nie wees
nie! „n Mens kry nie sulke name nie. Dit pas nie by mense
nie!
Wel, dit is my naam, my regte naam.
Sjoe, maar dis vreemd. In elk geval, hoekom soek jy nou
juis na Mev. Helen de Vries? Dit gebeur nie baie hier rond
nie.
Ek kom by haar bly. My pa het my gestuur.
Kom bly jy hier? Jy speel seker. Dis wonderlik! Nou hoef ek
nie meer al die werk alleen te doen nie.
Nee, jy verstaan nie. Ons is familie, sy‟s my ma se suster.
9
1.2
Tobie
Lente
Tobie
Lente
Tobie
Tante
Tobie
Tante
Lente
Dit gaan haar nie keer nie. Almal hier word soos slawe
behandel, selfs Rose.
Rose?
Ja, sy‟s die kok, die heel beste in hierdie geweste, as ek
mag sê.
Jy speel seker! Niemand word deesdae soos slawe
behandel nie.
Jy sal nog leer. En spiere opbou. Daardie armpies van jou
lyk in elk geval „n bietjie dun. Vloerskrop sal dit gou-gou
opdollie! Wel, welkom in elk geval. Nou het ek ten minste
geselskap. Hier kom nie …
Tobie! Tobie! (Soekend, kom by kombuisdeur ingestap).
Waar was jy? Jy moes al lankal teruggewees het! Rose wag
vir die groente. Ons kan nie aandete laat bedien nie! Wil jy
hê hier moet nog minder mense kom? (Sien nou eers vir
Lente raak). O so, jy gesels al weer met een van jou vele
flerries! (Praat verder sonder om aandag aan Lente te gee.)
Gaan nou dadelik, die vloere moet nog gevee word en dan
moet die badkamers skoon kom.
Ja, tant Helen. (Knip sy kop, smile dan vir Lente en
hardloop na kombuisdeur. Onthou dan mandjie, kom terug
en gaan wees.)
Trap! Moenie dat ek jou weer hier vang nie! Dis „n ordentlike
plek!
Maar ... (Tant Helen onderbreek sin)
10
1.3
Tante
Lente
Tante
Lente
Tante
Lente
Tante
Lente
Tante
Lente
My aarde tog! Verstaan jy nie wat ek sê nie? Loop!
Ek soek na u, tante.
Na my? En toe flankeer jy sommer met die herberg se
skoonmaker? Ja, reg. (Draai om om te loop.)
(Benoud) My pa het my gestuur. Tante het hom tog laat
weet dat ek hier kan kom bly?
Hoekom sê jy nie so nie! Dis omdat jy met daardie
skobbejak praat. Hm, ek sien nou eers die ooreenkoms. Jy‟t
jou ma se oë.. Wat is jou naam nou weer?
Lente, tante.
O ja, ek onthou nou, die simpel naam wat jou pa vir jou
gegee het. Jy‟s laat. Moes jy nie al gister hier gewees het
nie?
Die trein het nie gister gery nie. Ek weet nie wat verkeerd
was nie.
Jy‟s nou hier. Ek het nie eintlik plek vir jou nie. Al die
kamers word gebruik vir gaste. Daar is wel „n stoorkamer.
Jy moet maar daarmee tevrede wees. Is dit al bagasie wat jy
het? (kyk af na tas, wag nie vir antwoord nie). Rose! Rose!
Dra jou tas solank op. Ek sal iemand stuur om jou rond te
wys. As jy klaar uitgepak is, moet jy weer afkom, sodat jy
kan help met aandete. (Verlaat verhoog deur kombuisdeur).
(Kyk tante agterna, draai na voor, tel tas op, maar sit dit dan Head mike:
11
Rose
Lente
Rose
Lente
Rose
weer neer. Lente Sing “I have a dream” – nie laaste koor,
4.42.)
(Rose kom ingestap, besig om haar hande aan haar
voorskoot af te vee)
Goeie middag, my kind. Tante sê jou naam is Lente. Dit is
sowaar „n pragtige naam! Ek‟s Rose, die kok.
Goeie dag, tante.
Nee, nee, nie tante nie, Net Rose. Tante laat my so oud voel.
Hier‟s in elk geval net een tante. Helen sê jy kom hier bly.
Die stoorkamer moet reggemaak word. Gelukkig is daar
ekstra matrasse. Ons gaan die plekkie sommer mooi maak
vir jou! Jy sal sien. Ai, ek hoop jy geniet dit hier. Dis darem
nie so erg nie.
Dankie ta.. Rose.
Ek het ook in sak en as hier gekom. Op „n dag het ek besef
dat die son nog skyn en dat die voëls nog sing. Jy moet net
sterk wees. (Glimlag, gee Lente „n bemoedigende drukkie.
(Albei tel bagasie op en stap na kamers.)
Lente
Lights: Keep
the same
Light: Darker
to Dark
Toneel 2
2.1 Kevin (Kevin kom ingestap, roep na Helen, kyk rond, glimlag
skelm, trek sy das dan reg) Helen! Helen!
Light: Less
than lightest
12
Tante
Kevin
Tante
Kevin
Tante
Kevin
Tante
Kevin
Tante
Kevin
(Kom ingestap) Dis nou „n verrassing! Jy‟s altyd so besig
hierdie tyd van die dag.
Ek het altyd tyd vir die vrou in my lewe (leun oor, soen haar
op die wang)
Dis net jy wat my laat beter voel. Ek weet nie hoekom
iemand soos jy in my belangstel nie.
Wat? „n Vrou soos jy? Jy is alles wat „n man begeer!
(Draai stadig om, sug) Ai, ek weet darem nie…
Wat is verkeerd, Helen? Waarom sug jy? Ek dog dit gaan
goed.
Ek wil jou nie pla met my probleme nie.
Vertel, as ons „n pad saam wil stap, moet jy my vertrou.
Miskien kan ek help, ek wil help.
My suster se kind het by my kom bly. Dit beteken dis nog „n
mond om voor kos te gee. Sy kan gelukkig rondhelp, maar
Lente is so pateties, sy‟s „n dromer, sy wil die hele tyd sing
en dans, sy‟s nutteloos. Die ding is eintlik … die herberg
doen nie so goed om die oomblik nie. Ek weet nie of ons dit
gaan maak nie. Vorige kere het dit sleg gegaan, maar nooit
tevore soos nou nie.
Hoekom het jy nie al lankal iets gesê nie. Ek sal help. Ek het
„n paar rand in die bank wat ek vir jou kan leen. Jy kan dit
teruggee as dit beter gaan. Dit sal weer beter gaan. Vir jou
doen ek enigiets! Waar is Lente se ouers? Hoekom moet jy
13
2.2
Tante
Kevin
Tante
Kevin
Tante
Danielle
Kevin
Danielle
Kevin
vir haar sorg?
Haar ma, my suster, is verlede winter oorlede en Henk kan
nie vir haar sorg nie. Hy‟s maar net „n mynwerker en werk
dikwels oortyd net om kop bo water te hou.
Maar sit haar in „n kinderhuis! Waarom moet jy vir haar
sorg.
Ek het vir Helena belowe ek sal help waar ek kan. Ek kan nie
nou my woorde terugtrek nie, al is Helena dood en Lente „n
las.
Gebruik haar net tot jou voordeel. Dis goedkooparbeid!
(Tante Sing “Money, money, money!” – met Kevin en
dansers, 3.06)
(Kom vol selfvertroue ingestap met „n klomp pakkies, met
klere in, in haar hande.) Goeie middag, pa. Ek het gedink ek
sal pa hier kry.
Ek het gedink ek sien jou eers vanaand. So, wat het jy die
hele dag met jou tyd gemaak? Ek sien jou skaars.
Ek het gaan inkopies doen. (Groet tante terwyl sy pakkies
neersit.) My vakansie klere is vodde.
Dis reg, koop terwyl jy kan. As skool eers begin gaan jy
baie besig wees. (Aan Helen.) Sy‟t die hoofrol gekry in die
skool se jaareindvertoning. Dit gaan „n verskriklike groot
gedoente wees. Agente van groot platemaatskappye gaan
Head mike:
Tant Helen
Lights: Not full
strengh
Lights: normal
bright
14
2.3
Tante
Danielle
Tante
Kevin
Danielle
Tante
Kevin
Danielle
ook teenwoordig wees.
Dis wonderlik, Danielle. En baie geluk. Dis is sowaar „n
wonderlike geleentheid.
Tante, ek het gewonder of ek sommer hier kan klaarmaak
vir vanaand?
Enige tyd. Ek sal Lente roep om jou na „n oop kamer te
neem. Alles behoort daar te wees wat jy nodig het, anders
vra jy maar net vir haar wat jy kort.
Waarheen gaan jy?
„n Nuwe klub maak vanaand hier naby oop. „n Paar
belangrike gaste is genooi vir die spesiale opening. Ek‟s
natuurlik een van hulle. Dis ook een van die redes hoekom
ek gaan shopping doen het. „n Meisie moet op altyd op haar
beste lyk!
Ek roep solank vir Lente, ek‟s nou terug. (verlaat verhoog
deur kombuisdeur)
Wie gaan almal vanaand daar wees? Ek‟s seker jy het „n
plan van aksie.
Natuurlik pa, hoe ken jy my? Ons is immers van dieselfde
bloedlyn. Ons sien geleenthede raak en gryp dit aan, al
moet ons wat doen. Ek het my huiswerk gedoen en weet
watter hubare jong mans met baie geld vanaand daar gaan
wees.
(Tobie kom vanaf kombuisdeur ingesluip om Danielle dog
15
Kevin
Danielle
Kevin
Danielle
Kevin
Danielle
Kevin
Danielle
te hou. Kruip agter „n tafel weg. Kevin en Danielle sien hom
nie raak nie)
Dis reg. Werk jouself op in die koöperatiewe leër. Ons gaan
almal nog eendag wys.
So van planne gepraat, wat sien pa nou juis in hierdie
vervalle plek met al die vervalle inwoners? Dis mos nie pa
se gewone uithangplek nie. Iets is aan die gang! Toe, uit
daarmee, wat gaan is daardie kop van jou aan?
(Lag) Jy ken my heeltemal te goed! En jy‟s reg, alles hier is
gevalle, selfs die mense, en dis juis hoekom ek hier is.
Wag nou, ek verstaan nie.
Lyk my ek het jou intelligensie onderskat, my lief. Hierdie
eiendom is „n fortuin werd. Dit is langs die hoofpad, naby
die stasie en het „n asemrowende uitsig oor die vallei. Dis
net die ideale ligging vir al die rykes wat deesdae hierdie
kant toe trek. Ek het alreeds mense wat belangstel.
Nou verstaan ek! Jy maak asof jy smoorverlief is, jy en
arme tante Helen trou kamstig en hierdie plek raak joune!
Inderdaad. Ek en sy skei, of daar gebeur net iets
verskrikliks met haar en ek raak skatryk. Natuurlik help ek
die ondergang „n bietjie aan. Dis glad nie so moeilik om „n
paar ongelukkies te plant nie. Ek het al klaar „n paar oulike
idees.
Briljant! Ek het amper gedink pa het pa se “spark” verloor.
16
2.4
Kevin
Lente
Danielle
Kevin
Danielle
Lente
Danielle
Lente
Danielle
Lente
Natuurlik nie. Jy kan nie verniet al daardie pragtige klere
bekostig nie. (hoor iemand aankom) Maar wag, ons praat
later weer.
(Kom ingestap deur kombuisdeur, met besem in hand ).
(Praat met Lente) Uiteindelik! Ek het gewonder waar jy is!
(Draai na pa). Môre drink ons sommer sjampanje vir ontbyt.
Ons het sowaar rede om fees te vier.
Ons maak so, my dogter. Geniet jou aand, moenie iets doen
wat ek nie sal doen nie! (Soengroet en verlaat links, Tobie
slyp ook uit.)
Nou toe nou. So jy‟s die nuuste byvoegsel by Hotel
Horribaal. Kyk net hoe lyk jy! „n Mens kan sien jou nikswerd
pa het jou weggegooi. Shame! Maar nou ja, moenie nou net
hier staan en verder my tyd mors nie!
Moenie so praat oor my pa nie! Hy het my nie weggejaag
nie! Hier is net meer geleenthede vir meisie soos ek.
Vir meisies soos jy? O ja, natuurlik. Die skoonmaker- en
bediendetipe – hoe kan ek vergeet.
Dis nie so nie! Ek werk, want ek wil. Ek doen net my deel.
Nou, as jy nie die slaaftipe is nie, watter tipe is jy nou
kamstig?
Hier is spesiale skole. Vir kinders wat kan dans en sing. En
as die skole begin, gaan ek na so een toe.
17
Danielle
Lente
Danielle
Danielle
Lente
Danielle
Tante
Tante
Danielle
Tante
(Lag.) Jy kan skoonmaak en grappies maak! Jou ou dromer.
Wat is die kans jy kom in! Die skool is vol, julle is arm en
buitendien sal jy nie inkom nie. Wat kan jy nou in elk geval
doen!?
Jy‟s verkeerd. Ek gaan inkom. Ek kan dans. En ek kan sing.
Die enigste plek waar jy dalk kan inkom, is by die
kombuisskool, of in die sirkus! Jy‟s seker gewoond dat die
kakkerlakke in jou kamer na jou luister. Jy‟s net nie goed
genoeg nie! (Lag) Wag tot ek die ander hiervan vertel!
( Danielle en Dansers “Dancing Queen”, 3.51)
(Kyk na Danielle) Kom nou, jy‟t my tyd lank genoeg gemors.
Dra die pakkies. (draai dan om en begin loop.)
(Tel „n paar pakkies op en gooi dit na Danielle, Danielle val
vooroor) Jou vark! Ek sal jou wys! Jy dink …
Aaah! (Gil)
(Hoor geskree, hardloop in) Wat gaan hier aan?! Lente, stop
dit dadelik! (klap Lente) Wat besiel jou? Danielle is „n baie
belangrike gas. Hiervoor sal jy gestraf word! Loop dadelik!
Danielle, verskoon tog haar gedrag. Jy verdien dit nie. Het
sy jou seergemaak?
Ek‟s okay.
(Help Danielle op) Kom, ek help jou. Jy het nou „n lekker
No mikes
Ligths: Not full
strength
Lights: Full
strengh
18
2.5
Danielle
Tante
Lente
bad nodig. En moenie bekommerd wees nie, Lente sal dit
nooit weer waag nie. Stap solank op, ek reken net gou af
met haar.
Ek sal regkom dankie (Verlaat verhoog)
(Lente stap op met „n emmer en skropborsel, begin om
stoele weg te skuif onder tafels.)
Jy sal werk tot jy omval. Jou gedrag is nie aanvaarbaar nie.
Nog een so „n voorval en ek stuur jou weg na „n kinderhuis!
Hierdie plek sal van hoek tot kant geskrop word, en laat ek
net een merkie op hierdie vloere sien! (Verlaat verhoog)
(Sit emmer neer, gaan sit, vee „n haarsliert uit haar gesig en
begin skrop. Vee so af en toe „n traan af. Lente sing
“S.O.S”.)
Light: Darker
Head mike:
Lente
Lights: Dark
Toneel 3
3.1
Rose
(Verhoog donker, storm woed buite. Hoor donderweer. Rose
en Lente stap in met trollie. Albei kyk op as weerlig slaan.)
Hierdie weer is onheilspellend. Niemand kan in sulke weer
uitgaan nie. Waar is Tobie tog? Hy‟s al lankal weg om hout
te gaan haal. Die vuur moet nog aangesteek word. Sal jy
solank die tafelmandjies opsit?
Darker
(lightning
flashes from
sides)
Sound off
19
Lente
Rose
Lente
Rose
Tante
Lente
Tante
Rose
Tobie
Rose
Enige tyd, Rose. (Gaan haal die matjies.)
Ek kan nie dink dat daar enigiemand vanaand sal kom nie!
Maar ons dek maar. (Vee borde af.)
(Kyk by die venster uit.) Hierdie weer maak my bang.
Toemaar, dit sal oorwaai. Alles het „n manier om weer reg te
kom.
(Rose sing “Take a change on me”. 4.21)
(Rose en Lente gaan dadelik aan met haar werk –
kershouertjies en aansteek.)
Is alles gereed hier? Die mense sal binnekort opdaag. (Aan
Lente.) Hoekom is die kaggel nog nie aangesteek nie? Moet
ek alles oor en oor sê? Ek wil nie hê die mense moet
hierbinne vries nie!
Maar tan…
Praat jy terug? Doen net jou werk, dadelik! (Verlaat weer
verhoog, Zoë na kaggel – pak hout uit mandjie in kaggel)
Moenie jou aan haar steur nie. Iets byt. Dit was in elk geval
nog altyd Tobie se werk. Hy sal seker nou hier wees. Iets
moes voorgeval het.
(Kom verwilderd ingehardloop van agter af, nat en vuil)
Tante! Tante! Waar‟s tante?
Wat is dit Tobie? Wat gaan aan?
Louder, then
softer
Light: Lighter
Head mike:
Lente en Rose
20
Tante
Tobie
Tante
Tante
Rose
Man 1
Rose
Rose
Eric
(Kom ingehardloop) Wat gaan hier aan? Tobie, hoekom lyk
jy so? Jy moes al lankal hier gewees het.
Tante moet dadelik kom! Die De Villiers mense se kar het
gegly en nou wil die vrou se baba sommer dadelik kom! Ek
was by Dokter se huis, maar hy was nie daar nie! Tante moet
kom help!
Hoekom staan jy dan nog hier? Gaan haal my tas! (Tobie
hardloop af)
(Aan Rose) Rose, sorg dat alles hier goed verloop. Ek weet
nie hoe lank ek gaan weg wees nie. Sorg net dat alles
aangaan soos altyd. (Tobie terug, albei verlaat verhoog.
Soos wat hulle uitstap, kom 2 mans en 2 vrouers binne, kyk
hulle agterna, haal jasse af en gaan sit dan aan tafel.)
Goeie naand, menere. Dis goed om julle te sien in sulke
woeste weer. Wat kan ek solank vir u kry om te drink? (Eric
en Riekie kom ingestap. Beide het bagasie, sit dit neer, trek
jasse uit)
Drie biere asseblief.
Enige tyd. (Aan Lente) Gee solank vir hierdie drie elkeen „n
bier. (Stap na Eric en Riekie)
Lente gaan haal 3 biere en gee dit aan die mans.
Goeie naand, meneer? Waarmee kan ek u help? „n Tafel vir
twee?
Naand, mevrou. Is u die bestuurderes? Ons soek eintlik
21
Rose
Eric
Rose
Eric
Rose
Eric
Man 1
Vrou 2
Lente
Man 2
slaapplek vir die nag. Die weer is die sleg om verder te ry.
Die ander plekke is vol. Hulle het gesê julle het altyd oop
kamers.
Ek‟s Rose, die kok, die eienares is ongelukkig uit. Ons het
wel oop kamers. U is welkom om te oornag. Sit solank. Julle
is net betyds vir aandete. (Rose wys sitplek aan)
Dankie, ons is nogal honger.
Kan ek vir u „n bier kry? Of koffie?
„n Bier sal reg wees, en een koeldrank, dankie.
Ek bring. (Aan Lente.) Een bier en „n koeldrank vir die man
en die seun. Ek moet gou gaan kyk of alles nog reg is in die
kombuis. Dit gaan maar dol hier met net ons twee. (Rose
stap kombuis toe en Lente kry „n bier en „n koeldrank vir
Eric en sy seun.)
Dankie, dit gaan lekker wees. (Riekie knik net sy kop).
(Wink vir Lente. Nog mense stap in en gaan sit.)
1 Glas vir die dame asseblief! (Lente gee glas)
Is hier nie „n bietjie musiek in hierdie plek nie? Dit sal die
bier sowaar beter laat smaak.
Ongelukkig nie, meneer. (Neurie – I have a dream - terwyl sy
dit doen, mans gesels.)
Hey meisie, wat neurie jy so sag?
22
Man 1
Vrou 2
Lente
Man 2
Ander
Lente
Sing harder, ons wil mos hoekal musiek hê. Hierdie plek is
so dood.
Musiek sal so „n aand „n bietjie ophelder!
Nee, jammer, meneer. Ek kan nie.
Kom nou, dis nie so erg nie! Daar is nie iets soos kannie.
Wat sal nou in elk geval gebeur? Sing!
Ja, sing! Sing vir ons! (Ander gaste be-aam)
(Kyk na Riekie, Riekie glimlag net bemoedigend. Lente sit
die laaste glase neer. Gaste raak stil. Lente Sing “Thank you
for the music” – met dansers, 3.49)
(Tante kom ingestap na tweede koor, Lente sien haar eers
nie raak nie. Sien haar dan raak, sy hou op om te sing. Gaste
cheer en sê sy moet aangaan, hulle soek nog musiek.
Musiek versag geleidelik. Helen gluur Lente aan (Lente kyk
terug). Verhoog verdonker, laaste lig val om hulle. Hoor net
die donderweer en die weerlig in die agtergrond. Tante stap
stadig nader. Lente sak neer om haar knieë, kop af, gesig in
hande. Gordyne gaan toe. )
Head mike:
Lente
Lente Stop
singing
Fade music
POUSE
23
Bedryf 2
Toneel 4
4.1
Tobie
Lente
Tobie
Lente
Tobie
Lente
Tobie
Entr‟acte (2.20) Gordyne oop
(Lente en Tobie kom ingestap. Verhoog heeltemal donker.
Albei het lampe, Tobie dra tas. Sit die lamp op „n tafel/grond
neer en die tas op die vloer. Sy haal „n papiertjie uit haar
tas.)
Wat het jy toe in die briefie geskryf?
Net dat ek nie langer hier kan bly nie en dat ek eerder sal
wegloop voordat ek na „n kinderhuis toe moet gaan.
Los die briefie hier. Iemand sal dit kry en vir haar gee.
Is jy seker sy sal niks agter kom nie?
Ek‟s seker. Vertrou my net.
Tobie, baie dankie vir alles. Was dit nie vir jou nie, moes ek
iewers in die stad gaan werk soek het. En miskien was jy al
die tyd reg – Lente moes nie my naam gewees het nie,
eerder Winter, dit pas.
Lente, alles sal regkom. Jy sal sien. Dinge kan nie langer so
aangaan nie. Ek stap solank. Kom jy? Ek wil nog „n bietjie
gaan slaap voordat ek moet begin werk.
No mikes
Light: Dark,
with very little
light (early
morning
hours, before
sunrise)
24
Lente
Lente
Rose
Tante
Rose
Tante
Rose
Tante
Ek kom…
Lente en Nicolene sing “One of us” 3.57. (Stap uit as klaar)
(Rose en Tobie kom ingestap om gereed te maak vir ontbyt.
Hulle begin die tafels afdek.)
Ek wonder waar draai Lente so vanoggend. Miskien moet ek
gaan kyk. Ek wil nie hê sy moet verder in die moeilikheid
kom nie, veral nie na gisteraand se moles nie.
(Voordat sy uit is, kom tante ingestap)
Rose, waar is Lente? Ag, dit maak seker nie saak nie (neem
boeke en geld, gaan sit by een van die tafels), van nou af is
sy in elk geval nie meer „n inwoner van hierdie herberg nie.
Na ontbyt moet jy gaan seker maak dat al haar goed gepak
is. Sorg dat sy niks saamneem wat aan my behoort nie. Ek
het reëlings getref vir haar vertrek.
Helen, is dit regtig nodig? Sy‟s onskuldig.
Onskuldig? Ek het haar belet om te sing!
Sy‟t nie „n keuse gehad nie, daardie mans het haar so te sê
gedwing.
„n Mens het altyd „n keuse… Sy het ook een gehad. En ek
het ook „n keuse. As eienaar gaan ek my nie verder met haar
bemoei nie… Ek kan nie vir haar sorg nie! (Draai rug om uit
te stap.)
Head mike:
Lente en Tant
Helen
Light: Lighter,
not full
25
Rose
Tante
Tante
Eric
Tante
Eric
Tante
Eric
Sy‟s jou susterskind! Sy‟s familie. Jy kan haar nie net laat
gaan nie!
(Draai weer terug om – kwaad)
Genoeg! Ek skuld haar niks nie. Hou jou maar net uit my
sake uit. Jy het werk om te doen!
(Rose stap vererg na kombuis.)
… Dit lyk my julle het gisteraand nie te sleg gedoen sonder
my nie (kyk na boek, kyk op en staar voor haar uit, sê die
volgende sagter.) As dit maar net genoeg was …
(Eric kom ingestap – na trollie – skink vir himself sap in.)
Goeie môre, meneer. U is Mnr. Engelbreght, nie waar nie? Ek
het in die boek gesien u het gisteraand ingeteken. Welkom
hier! Ek‟s jammer ek was nie gisteraand hier om u te
verwelkom nie.
Dis doodreg. Ons het „n goeie ontvangs gehad. Die kos en
die musiek was van „n baie hoë gehalte.
Baie dankie vir die kompliment. Gaan u seun nie nou al eet
nie?
Nee, hy is nog bo in sy kamer. Ek wou hoekal vra of hy later
ontbyt kan kry.
U weet hoe is kinders van daardie ouderdom. Hulle steur hul
net nie aan vasgestelde reëls nie.
26
4.2
Tante
Eric
Tante
Eric
Tante
Eric
Tante
Rose
Tobie
Rose
Tobie
Tante
Hy kan maar later afkom. Ek sal in die kombuis vra dat hulle
vir hom ontbyt hou.
Baie dankie! U moet my nou asseblief verskoon. Besigheid
wag nie.
So u is „n besigheidsman?
So half en half. Ek‟s besig om uitbreidingsmoontlikhede uit
te kyk. Dis juis hoekom ek in hierdie omgewing is.
Wel, sterkte. Ek hoop u kry wat u soek.
Dankie! (Verlaat verhoog. Tante kyk op haar horlosie en
verlaat dan ook die verhoog. Rose loer in by deur, as sy sien
daar is niemand stap sy en Tobie in.)
Ek loop sommer saam.
(Tobie en Rose is besig om glase en borde skoon te vryf.)
Ek‟s bekommerd oor Lente. Waar kan die kind tog wees.
Moenie worry nie, ma. Sy kan goed vir haarself sorg. Ek dink
dis tyd dat ons na onsself kyk.
Hoekom sê jy so, Tobie? Ons is mos gelukkig.
Ma, ek het toevallig …
(Tobie stop as tante en Kevin ingestap kom.)
Dis goed om julle hier te kry. Ons het „n belangrike
27
4.3
Kevin
Rose
Tante
Rose
Tante
Kevin
Tobie
Rose
Tobie
Rose
afkondiging om te maak.
Ek en Helen gaan binnekort trou. (Bronwin laat val bord,
Rose buk om op te tel, Bronwin bring skoppie en bordeltjie.)
.. Oh, (twyfelagtig) maar baie geluk. Ek het dit nie verwag
nie. ..Ek hoop julle sal saam gelukkig wees. Het julle al
besluit op „n datum?
Dankie, Rose. Ons trou so gou as moontlik. Sommer hier,
niks groots nie. Kevin het al klaar iemand gevra om die
seremonie te lei. Jy moet asseblief „n paar eetgoedjies maak
– so vir tien mense. Ek sal later laat weet vir presies
wanneer.
Reg so, Helen.
Tobie, jy moet sorg dat hierdie plek skoon kom.
Kom Helen. Kom ons gaan soek jou trouring uit. (Verlaat
verhoog.)
(Rose gaan sit.)
Ek moet ma iets vertel. (Rose besig om weer op te staan)
Nee, ma, sit eers. Ma gaan maar net vir een keer na my moet
luister.
Nou wat is dit, Tobie?
Ek het toevallig „n gesprek …
Het jy afgeluister?
28
Tobie
Rose
Tobie
Rose
Tobie
Rose
Tobie
Rose
Tobie
Riekie
Tobie
Luister ma! Oom Kevin het vir Danielle van sy planne vertel.
Sy planne?
Hy wil net met tant Helen trou, sodat hy die herberg kan
verkoop. Hy‟s nie lief vir haar nie. Daarna skei hulle, of hy
gaan iets aan haar doen. Hy wil net haar geld hê!
Maar is die herberg so waardevol?
Hy het so gesê. Baie rykes stel glo belang. Dit gaan oor die
ligging en die uitsig.
Tobie, ek hoop jy vertel die waarheid. Dis ernstige sake
hierdie… Dis al huis wat ons het. Helen is nou nie eintlik „n
vriendin nie, maar ek wil nie hê sy moet misbruik word nie.
Wat kan ons doen?
Toemaar ma, ek het „n plan. Ek het genoeg tyd gehad om te
dink. Selfs Lente word daardeur gehelp.
Is jy seker? Moet ons nie liewers polisie toe gaan nie?
Die polisie? Ons het geen bewyse nie. Wie sal ons glo?
(Riekie stap in met „n walkman op sy ore. – hoor niks) Ek het
jou hulp nodig. HEY!
Enigiets om my vakansie „n bietjie op te kikker. Waarmee
kan ek help?
Hoe goed kan jy act?
29
4.4
Riekie
Tobie
Tobie
Rose
Tobie
Man
Redelik, ek het al aan skool shows deelgeneem.
Wonderlik. Kom ek vertel jou my plan op „n meer private
plek. (Albei verlaat verhoog.)
(Tante en Tobie besig met die laaste voorbereidings vir die
troue.)
Waar is Riekie tog? Hy moet ons nie nou in die steek laat
nie. Hy moes al terug gewees het.
Tobie, ek hoop jy weet wat jy doen. Weet Riekie hoe ernstig
dit is?
Hy weet, ek het alles aan hom vertel.
Liedjie speel (“I do, I do, I do, I do”) terwyl Rose en Tobie
eetkamer regmaak vir troue (Stoele en tafels, Rose: Trollie af
en CD-speler op)).
(Mense kom ingestap met boekie. Hulle gaan sit op die
stoele. Kevin en „n vreemde man stap na voor. Rose gaan sit
op een van die agterste stoele. Tobie gaan staan by die CD-
speler. Danielle stap in, knik vir Tobie, Tobie sit die
“Wedding March” aan, stap dan uit. Danielle stap voor, tant
Helen agter haar. Musiek stop as Helen voor by Masil staan.)
Vriende, familie. Ons is vandag hier bymekaar om deel te
wees van die eenwording van twee vooruitstrewende mense.
Lights fade
No mikes
Fade when
groom sits and
bridesmade is
left on stage
Fade when
bride is in
front
30
Tobie
Kevin
Lente
Helen
Rose
Kevin
Helen
Kevin
Riekie
As twee mense op so „n ouderdom bymekaar kom, weet ons
dat dit geen kalwerliefde is nie, nee, tussen Kevin en Helen
het vriendskap gegroei tot ware liefde. Van nou af sal hulle
al hul gelukkige dae saam deurbring.
(Tobie, Lente en Riekie kom ingehardloop deur
kombuisdeur.)
Stop! Stop! Hulle kan nie trou nie!
Wat?! Iemand, stop hierdie kinderspeletjies! (twee mans
staan op.)
Los hom uit! Tante, jy kan nie trou nie. Kevin is „n skelm. Hy
wil net trou, sodat hy tannie se geld kan kry! Hy wil net die
herberg hê
Watter snert praat jy nou? Verlaat hierdie herberg. Jy is nie
welkom hier nie.
Helen, luister na die kind. Riekie, speel die tape. (Riekie stap
nader. Hou hand met “voice recorder” op.)
Jy?!
Kevin, ken jy hierdie seun? (Eric stap in, staan net agter.)
Hy‟t „n onderhoud met my kom voer … jou verraaier. Jy‟t vir
my gelieg!
Jy was te vol van jouself. Dit het jou ondergang beteken.
(druk play)
31
Tape
Helen
Kevin
Eric
Eric
Helen
“… jy sê doen ‘n skooltaak oor sakemanne. En jy’t my
gekies. Ek’s bevoorreg. Jy’s welkom om ‘n paar vrae te vra:
Watter werk doen u? (Riekie) Wel, ek’s ‘n sakeman. Ek sien
sakegeleenthede raak en maak dan die meeste daarvan. Ek
koop en verkoop meestal eiendomme, veral in hierdie area.
‘n Voorbeeld? Kom ek dink, kyk byvoorbeeld na die herberg
om die draai. Dis oud, verwaarloos en lyk nutteloos. Die plek
val omtrent uit mekaar uit. Maar ek het verder as dit gekyk.
Die plek het ‘n wonderlike ligging vir enige besigheid wat
hierheen wil skuif. Hulle hoef nie eers die plek af te breek
nie. Net hier en daar kan verbeterings aangebring word. Baie
mense sien nie die waarde raak nie, veral naïewe vroulike
eienaars …”
(Draai na Kevin.) Is dit waar, Kevin? Ek‟t gedog jy het my
lief! Nou hoor ek dit was alles leuens. Hoe kon ek so dom
wees! Ek moes van die begin af geweet het alles is te goed
om waar te wees.
Dis bog, alles leuens. Ek …
(Eric stap nou nader). Kevin, hierdie keer kan jy nie wegkom
nie. Helen, jy‟s nie die enigste een nie. Kevin het al „n hele
paar dames so gevang. Kevin, ons het jou uiteindelik.
Moenie eers dink om te hardloop nie. Die herberg is omring
deur die polisie. (Haal sy boeie uit en boei Kevin.)
(Aan die gaste) Ek‟s jammer, daar gaan nie vandag „n troue
wees nie. (gaste verlaat verhoog.) (Aan Helen.) Ek‟s jammer.
Ek wou vroeër iets sê, maar ek kon nie. Nie voor ons hom
gevang het nie.
(Sak neer. Rose gaan sit langs haar en hou haar vas.)
Voice
recording, no
mikes
32
Rose
Helen
Lente
Helen
Toe maar Helen, van nou af staan ons op ons eie voete. Ek
en jy, en Tobie en Lente. Saam gaan ons hierdie plek die
beste plek in die omgewing maak.
(kyk op na Lente, Lente stap nader.) Oh, Lente, hoe kan jy
my ooit vergewe? Ek was so wreed. Ek … jy‟s so baie soos
jou ma. Ek het haar so lief gehad. Ek is nie soos sy nie. Sy
was altyd lief en gehoorsaam, almal se oogappel. Maar ek
sal hard probeer om „n beter mens te wees. Vir jou, en vir
almal hier. Gee my net asseblief weer „n kans!
Ag, tante, ons sal. (Almal omhels mekaar.) Solank ek net nie
meer in die ou stalle hoef te slaap nie!
(Rose en Helen verbaas). So dit is waar jy was! Nee wat, van
nou af kry almal ordentlike kamers. En jy, Lente, jy moet
sing en dans. Soos hierdie plek nog nooit vantevore gesien
het nie.
(Helen Sing “Mamma Mia!” – met ander karakters en
dansers, 3.33)
Head mike:
Lente, Rose en
Tant Helen
Na hande klap - Speel Perez se “Mamma Mia!”

More Related Content

More from Centre for Multigrade Education

CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...
CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...
CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...Centre for Multigrade Education
 
Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...
Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...
Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...Centre for Multigrade Education
 
General composition of boys and girls, CMGE Sport Programme project
General composition of boys and girls, CMGE Sport Programme projectGeneral composition of boys and girls, CMGE Sport Programme project
General composition of boys and girls, CMGE Sport Programme projectCentre for Multigrade Education
 

More from Centre for Multigrade Education (17)

CMGE Art Programme
CMGE Art ProgrammeCMGE Art Programme
CMGE Art Programme
 
St michaels school design concept
St michaels school design conceptSt michaels school design concept
St michaels school design concept
 
Principals school visits october 2011
Principals school visits october 2011Principals school visits october 2011
Principals school visits october 2011
 
Why mixed age teaching?
Why mixed age teaching?Why mixed age teaching?
Why mixed age teaching?
 
Sharborne C of E Primary School
Sharborne C of E Primary School Sharborne C of E Primary School
Sharborne C of E Primary School
 
What is the point of school?
What is the point of school? What is the point of school?
What is the point of school?
 
Planning for differentiation within a mixed age class
Planning for differentiation within a mixed age classPlanning for differentiation within a mixed age class
Planning for differentiation within a mixed age class
 
Barrow CE Primary School
Barrow CE Primary SchoolBarrow CE Primary School
Barrow CE Primary School
 
CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...
CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...
CMGE Multigrade Education Teacher Training Sterkspruit, Eastern Cape Septembe...
 
ECD Teacher Training 2011
ECD Teacher Training 2011ECD Teacher Training 2011
ECD Teacher Training 2011
 
Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...
Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...
Multimedia Instruction to enhance learning in Multigrade Education in the Wes...
 
CMGE Art Program: First work of learners
CMGE Art Program: First work of learnersCMGE Art Program: First work of learners
CMGE Art Program: First work of learners
 
CMGE Sport Programme (August 2011)
CMGE Sport Programme (August 2011)CMGE Sport Programme (August 2011)
CMGE Sport Programme (August 2011)
 
General composition of boys and girls, CMGE Sport Programme project
General composition of boys and girls, CMGE Sport Programme projectGeneral composition of boys and girls, CMGE Sport Programme project
General composition of boys and girls, CMGE Sport Programme project
 
CMGE Project 4 Training: Sport and Craft Coordinators
CMGE Project 4 Training: Sport and Craft Coordinators CMGE Project 4 Training: Sport and Craft Coordinators
CMGE Project 4 Training: Sport and Craft Coordinators
 
Multigrade Schools in South Africa: A Visual Overview
Multigrade Schools in South Africa: A Visual OverviewMultigrade Schools in South Africa: A Visual Overview
Multigrade Schools in South Africa: A Visual Overview
 
Suid Afrika Geskiedenis (in kort)
Suid Afrika Geskiedenis (in kort)Suid Afrika Geskiedenis (in kort)
Suid Afrika Geskiedenis (in kort)
 

Voulez-vous, 'n ABBA musiekblyspel

  • 1. 1
  • 2. 2 Hoërskool Tulbagh bied aan VOULEZ-VOUS ‘n ABBA Musiekblyspel 27 & 28 Oktober 2005 gespeel deur Ekstras Kezia-Lee Bussack Rolandia Michaux Caymee Wales Thereze Theron Monique Nolan Megan Louw Elzahn Wilkins Venita Januarie Zandra de Villiers Die graad 9-klas Lente Vermaak……... ……………Zoë Simpson Helen de Vries………. …….Nicolene Petersen Rose May …………….. ……..Angelique Olivier Tobie ………………….. …Bronwin Langeveldt Kevin Koopman ……. …………Masil Anthony Danielle Koopman … ………….Nadley Klaase Eric Engelbreght ….. ………..Hendrik Fourie Riekie Engelbreght .. ………….Stefan Theron Hugo Lambrechts Richard Jansen Jomar Paulse Megan Louw Dansers Karakters
  • 3. 3 Toneel 1 Toneel 2 Toneel 3 POUSE Toneel 4 Voulez-vous I have a dream Money, money, money Dancing Queen S.O.S Take a chance on me Thank you for the music One of us I do, I do, I do, I do Mamma Mia! Musieknommers
  • 4. 4 Die produksiespan Produksie-koördineerder Teks Toneel Adrienne van As Adrienne van As Lineé Lourens & Adrienne van As Hulp: Dekor en Kostuums Thereze Theron Verhoogbestuurder Hulp: Dekor Hugo Lambrechts Gordyne Johwin Domingo Clement Frantz Hulp: Musiek Wrensch Lombard Klank en Ligte It‟s Music Bedankings Gavin Garonne van It‟s Music Die personeel van Hoërskool Tulbagh Die ouers en familielede van alle karakters, dansers en produksiespanlede Theuniskraal, Tulbagh Wynkelder, Montpellier, Spar, Breërivier Wynverspreiders, Laubscher‟s Nissan, Van As familie, Mnr. L. le Roux VIR ALMAL SE HARDE WERK GEDURENDE DIE LAASTE PAAR WEKE EN DAE – JULLE IS SOWAAR WENNERS!
  • 5. 5 Die karakters Lente Vermaak: Meisie – Omtrent 14. Vriendelik, hardwerkend. Moet nog baie leer oor haarself en haar eie vermoê. Haar ma het onlangs gesterf weens siekte en sy moet by haar tante gaan bly. Haar pa is ‘n mynwerker op ‘n klein dorpie is en kan nie vir haar sorg nie. Haar lewensdroom is om op die verhoog te sing en te dans. Sien uit na haar verblyf by die tante, want daar is musiek- en dansskole in die omgewing. Daar was nie sulke skole op die dorpe vanwaar sy kom nie. Helen de Vries: Tante – Oujongnooi, eienaar en bestuurder van die herberg; suur, knorrig, swak bestuursvermoë, slawedrywer. Sy is bekommerd oor die toekoms van die herberg, want sy ontvang al hoe minder gaste. Ander herberge in die omgewing trek meer gaste, want hulle diens is goed en hulle verskaf ook vermaak. Sy was voorheen ‘n verpleegster en help somtyds mense (net as sy moet). Rose May: Kok – Vroulik, ouerig. Vriendelik, vrolik en wys. Sy werk maar by die herberg, want sy en die Helen verdra mekaar. Sy bly in ‘n buitekamer van die herberg. Sy doen haar werk met lus, haar kos is uitstekend. Sy lees situasies goed en verskaf goeie raad aan meisie. Tobie: Kok se seun – Omtrent 14. Hy doen die meeste werk (dra water aan, bode, aflewering, bediening, ens.) by die herberg. Word oor die algemeen sleg behandel deur die tante. Hy bly maar uit haar pad uit. Kevin Koopman: Ryk man – Fortuinsoeker. Maak asof hy belangstel in die tante, maar wil eintlik die grond waarop die herberg geleë is, hê vir ontwikkeling. Hy beraam skelm plannetjies sodat die herberg verder agteruitgang en die tante dit dan op die uiteinde verloor of verkoop. Hy wil dus net trou, sodat hy die geld kan kry. Danielle Koopman: Kevin se snobistiese dogter. Dink verskriklik baie van haarself. Kry wat sy wil hê. Kan ook goed sing en dans, reeds deel van dans- en singskool. Eric Engelbreght: “Besigheidsman”, vertel aan einde hy is ‘n speurder – maak asof hy besigheid doen in die omgewing tydens sy verblyf aan die herberg. Riekie Engelbreght: Eric se seun – Omtrent 13. Aantreklik en vriendelik. Kuier saam met sy pa tydens sy skoolvakansie. [Inwoners van die herberg, mans en vrouens, seuns en dogters – Geen name]
  • 6. 6 Die verhoog Eetkamer van die herberg. Die herberg is aan die buitewyke van ‘n stad geleë. Stewige houttafels en houtstoele (omtrent 4). Daar is niks op die tafels nie. Daar is ‘n deur agter regs wat na die kombuis toe lei. Die res van die herberg gaan slegs deur die gordyne (bv. kamers en tuin). Die setting bly regdeur die eerste act dieselfde. In Scene 5 is daar minder of geen tafels, meer stoele en ‘n klein verhogie. Dit is dan meer kleurvol (bv. Tafeldoek, lanterns op die tafel) Tafel Stoel Stoel Deur na kombuis Muur met venster Muur
  • 7. 7 Bedryf 1 Toneel 1 Intro Gr.9 “Voulez-vous”: Dans 4.52 Gordyne oop net nadat musiek begin No mikes Fade out 1.1 Lente Tobie (Stap in van agter in die saal. “I have a dream” speel in die agtergrond. „n Tas in die een hand en „n papiertjie in die ander. Dra swaar. Kyk om haar rond, verwonderd, maar ook twyfelagtig.) Sjoe, Hmm.. (Stap links op. Sit tas neer en kyk om haar.) Ek wonder of dit die regte plek is. Ek het tog die verduidelikings reg gevolg (kyk na papier en lees): Neem die 8 uur trein na Klawerfontein. Draai regs by die stasie se uitgang. Loop 6 blokke af in Vygie straat. Dis die tweede gebou aan die linkerkant, nommer 17, De Oude Dagbreek Herberg. Dan moet dit die plek wees… (kyk rond). Ek wonder waar al die mense is. Dit is so stil… (Hardloop in van links oor verhoog na kombuisdeur sonder om Lente raak te sien. Hy het mandjie (emmer) in sy hand met groente in. Vries dan, draai stadig en verbaas om, stap stadig nader. Lente staar hom die hele tyd aan.) Aloha! Kyk hoe laat jy my skrik! My hart slaan sommer „n paar tellings oor van skone skok. Maar eintlik is ek net onfiks – hierdie rondhardloop sal nog eendag my dood beteken. Nou ja, genoeg van my. Waarmee kan ek help? „n Bed, kos? Head mike: Lente Lights: Dark Left light Light: Center lighter Head Mike off: Lente
  • 8. 8 Lente Tobie Lente Tobie Lente Tobie Lente Tobie Lente Tobie Lente Ek‟s eintlik op soek na tant Helen. Bly sy hier? Ek het die aanwysings gevolg, maar is nie seker of ek by die regte plek is nie. Jy is sowaar by die regte plek, maar ek‟s nie so seker of jy regtig op soek wil wees na tant Helen nie! Hoekom nie? Dit is mos haar herberg? Dit is haar plek, ja. Sy‟s net …. Ag, sy sal seker nou hier wees. O, my naam is Tobie. Is jy seker ek kan jou nie help nie? Ek‟s gelukkig darem vriendelik. Ek sal wag, dankie. Ek‟s Lente, Lente Vermaak, aangename kennis (steek hand uit). Lente? Soos in somer, herfs, winter, lente? Kan nie wees nie! „n Mens kry nie sulke name nie. Dit pas nie by mense nie! Wel, dit is my naam, my regte naam. Sjoe, maar dis vreemd. In elk geval, hoekom soek jy nou juis na Mev. Helen de Vries? Dit gebeur nie baie hier rond nie. Ek kom by haar bly. My pa het my gestuur. Kom bly jy hier? Jy speel seker. Dis wonderlik! Nou hoef ek nie meer al die werk alleen te doen nie. Nee, jy verstaan nie. Ons is familie, sy‟s my ma se suster.
  • 9. 9 1.2 Tobie Lente Tobie Lente Tobie Tante Tobie Tante Lente Dit gaan haar nie keer nie. Almal hier word soos slawe behandel, selfs Rose. Rose? Ja, sy‟s die kok, die heel beste in hierdie geweste, as ek mag sê. Jy speel seker! Niemand word deesdae soos slawe behandel nie. Jy sal nog leer. En spiere opbou. Daardie armpies van jou lyk in elk geval „n bietjie dun. Vloerskrop sal dit gou-gou opdollie! Wel, welkom in elk geval. Nou het ek ten minste geselskap. Hier kom nie … Tobie! Tobie! (Soekend, kom by kombuisdeur ingestap). Waar was jy? Jy moes al lankal teruggewees het! Rose wag vir die groente. Ons kan nie aandete laat bedien nie! Wil jy hê hier moet nog minder mense kom? (Sien nou eers vir Lente raak). O so, jy gesels al weer met een van jou vele flerries! (Praat verder sonder om aandag aan Lente te gee.) Gaan nou dadelik, die vloere moet nog gevee word en dan moet die badkamers skoon kom. Ja, tant Helen. (Knip sy kop, smile dan vir Lente en hardloop na kombuisdeur. Onthou dan mandjie, kom terug en gaan wees.) Trap! Moenie dat ek jou weer hier vang nie! Dis „n ordentlike plek! Maar ... (Tant Helen onderbreek sin)
  • 10. 10 1.3 Tante Lente Tante Lente Tante Lente Tante Lente Tante Lente My aarde tog! Verstaan jy nie wat ek sê nie? Loop! Ek soek na u, tante. Na my? En toe flankeer jy sommer met die herberg se skoonmaker? Ja, reg. (Draai om om te loop.) (Benoud) My pa het my gestuur. Tante het hom tog laat weet dat ek hier kan kom bly? Hoekom sê jy nie so nie! Dis omdat jy met daardie skobbejak praat. Hm, ek sien nou eers die ooreenkoms. Jy‟t jou ma se oë.. Wat is jou naam nou weer? Lente, tante. O ja, ek onthou nou, die simpel naam wat jou pa vir jou gegee het. Jy‟s laat. Moes jy nie al gister hier gewees het nie? Die trein het nie gister gery nie. Ek weet nie wat verkeerd was nie. Jy‟s nou hier. Ek het nie eintlik plek vir jou nie. Al die kamers word gebruik vir gaste. Daar is wel „n stoorkamer. Jy moet maar daarmee tevrede wees. Is dit al bagasie wat jy het? (kyk af na tas, wag nie vir antwoord nie). Rose! Rose! Dra jou tas solank op. Ek sal iemand stuur om jou rond te wys. As jy klaar uitgepak is, moet jy weer afkom, sodat jy kan help met aandete. (Verlaat verhoog deur kombuisdeur). (Kyk tante agterna, draai na voor, tel tas op, maar sit dit dan Head mike:
  • 11. 11 Rose Lente Rose Lente Rose weer neer. Lente Sing “I have a dream” – nie laaste koor, 4.42.) (Rose kom ingestap, besig om haar hande aan haar voorskoot af te vee) Goeie middag, my kind. Tante sê jou naam is Lente. Dit is sowaar „n pragtige naam! Ek‟s Rose, die kok. Goeie dag, tante. Nee, nee, nie tante nie, Net Rose. Tante laat my so oud voel. Hier‟s in elk geval net een tante. Helen sê jy kom hier bly. Die stoorkamer moet reggemaak word. Gelukkig is daar ekstra matrasse. Ons gaan die plekkie sommer mooi maak vir jou! Jy sal sien. Ai, ek hoop jy geniet dit hier. Dis darem nie so erg nie. Dankie ta.. Rose. Ek het ook in sak en as hier gekom. Op „n dag het ek besef dat die son nog skyn en dat die voëls nog sing. Jy moet net sterk wees. (Glimlag, gee Lente „n bemoedigende drukkie. (Albei tel bagasie op en stap na kamers.) Lente Lights: Keep the same Light: Darker to Dark Toneel 2 2.1 Kevin (Kevin kom ingestap, roep na Helen, kyk rond, glimlag skelm, trek sy das dan reg) Helen! Helen! Light: Less than lightest
  • 12. 12 Tante Kevin Tante Kevin Tante Kevin Tante Kevin Tante Kevin (Kom ingestap) Dis nou „n verrassing! Jy‟s altyd so besig hierdie tyd van die dag. Ek het altyd tyd vir die vrou in my lewe (leun oor, soen haar op die wang) Dis net jy wat my laat beter voel. Ek weet nie hoekom iemand soos jy in my belangstel nie. Wat? „n Vrou soos jy? Jy is alles wat „n man begeer! (Draai stadig om, sug) Ai, ek weet darem nie… Wat is verkeerd, Helen? Waarom sug jy? Ek dog dit gaan goed. Ek wil jou nie pla met my probleme nie. Vertel, as ons „n pad saam wil stap, moet jy my vertrou. Miskien kan ek help, ek wil help. My suster se kind het by my kom bly. Dit beteken dis nog „n mond om voor kos te gee. Sy kan gelukkig rondhelp, maar Lente is so pateties, sy‟s „n dromer, sy wil die hele tyd sing en dans, sy‟s nutteloos. Die ding is eintlik … die herberg doen nie so goed om die oomblik nie. Ek weet nie of ons dit gaan maak nie. Vorige kere het dit sleg gegaan, maar nooit tevore soos nou nie. Hoekom het jy nie al lankal iets gesê nie. Ek sal help. Ek het „n paar rand in die bank wat ek vir jou kan leen. Jy kan dit teruggee as dit beter gaan. Dit sal weer beter gaan. Vir jou doen ek enigiets! Waar is Lente se ouers? Hoekom moet jy
  • 13. 13 2.2 Tante Kevin Tante Kevin Tante Danielle Kevin Danielle Kevin vir haar sorg? Haar ma, my suster, is verlede winter oorlede en Henk kan nie vir haar sorg nie. Hy‟s maar net „n mynwerker en werk dikwels oortyd net om kop bo water te hou. Maar sit haar in „n kinderhuis! Waarom moet jy vir haar sorg. Ek het vir Helena belowe ek sal help waar ek kan. Ek kan nie nou my woorde terugtrek nie, al is Helena dood en Lente „n las. Gebruik haar net tot jou voordeel. Dis goedkooparbeid! (Tante Sing “Money, money, money!” – met Kevin en dansers, 3.06) (Kom vol selfvertroue ingestap met „n klomp pakkies, met klere in, in haar hande.) Goeie middag, pa. Ek het gedink ek sal pa hier kry. Ek het gedink ek sien jou eers vanaand. So, wat het jy die hele dag met jou tyd gemaak? Ek sien jou skaars. Ek het gaan inkopies doen. (Groet tante terwyl sy pakkies neersit.) My vakansie klere is vodde. Dis reg, koop terwyl jy kan. As skool eers begin gaan jy baie besig wees. (Aan Helen.) Sy‟t die hoofrol gekry in die skool se jaareindvertoning. Dit gaan „n verskriklike groot gedoente wees. Agente van groot platemaatskappye gaan Head mike: Tant Helen Lights: Not full strengh Lights: normal bright
  • 14. 14 2.3 Tante Danielle Tante Kevin Danielle Tante Kevin Danielle ook teenwoordig wees. Dis wonderlik, Danielle. En baie geluk. Dis is sowaar „n wonderlike geleentheid. Tante, ek het gewonder of ek sommer hier kan klaarmaak vir vanaand? Enige tyd. Ek sal Lente roep om jou na „n oop kamer te neem. Alles behoort daar te wees wat jy nodig het, anders vra jy maar net vir haar wat jy kort. Waarheen gaan jy? „n Nuwe klub maak vanaand hier naby oop. „n Paar belangrike gaste is genooi vir die spesiale opening. Ek‟s natuurlik een van hulle. Dis ook een van die redes hoekom ek gaan shopping doen het. „n Meisie moet op altyd op haar beste lyk! Ek roep solank vir Lente, ek‟s nou terug. (verlaat verhoog deur kombuisdeur) Wie gaan almal vanaand daar wees? Ek‟s seker jy het „n plan van aksie. Natuurlik pa, hoe ken jy my? Ons is immers van dieselfde bloedlyn. Ons sien geleenthede raak en gryp dit aan, al moet ons wat doen. Ek het my huiswerk gedoen en weet watter hubare jong mans met baie geld vanaand daar gaan wees. (Tobie kom vanaf kombuisdeur ingesluip om Danielle dog
  • 15. 15 Kevin Danielle Kevin Danielle Kevin Danielle Kevin Danielle te hou. Kruip agter „n tafel weg. Kevin en Danielle sien hom nie raak nie) Dis reg. Werk jouself op in die koöperatiewe leër. Ons gaan almal nog eendag wys. So van planne gepraat, wat sien pa nou juis in hierdie vervalle plek met al die vervalle inwoners? Dis mos nie pa se gewone uithangplek nie. Iets is aan die gang! Toe, uit daarmee, wat gaan is daardie kop van jou aan? (Lag) Jy ken my heeltemal te goed! En jy‟s reg, alles hier is gevalle, selfs die mense, en dis juis hoekom ek hier is. Wag nou, ek verstaan nie. Lyk my ek het jou intelligensie onderskat, my lief. Hierdie eiendom is „n fortuin werd. Dit is langs die hoofpad, naby die stasie en het „n asemrowende uitsig oor die vallei. Dis net die ideale ligging vir al die rykes wat deesdae hierdie kant toe trek. Ek het alreeds mense wat belangstel. Nou verstaan ek! Jy maak asof jy smoorverlief is, jy en arme tante Helen trou kamstig en hierdie plek raak joune! Inderdaad. Ek en sy skei, of daar gebeur net iets verskrikliks met haar en ek raak skatryk. Natuurlik help ek die ondergang „n bietjie aan. Dis glad nie so moeilik om „n paar ongelukkies te plant nie. Ek het al klaar „n paar oulike idees. Briljant! Ek het amper gedink pa het pa se “spark” verloor.
  • 16. 16 2.4 Kevin Lente Danielle Kevin Danielle Lente Danielle Lente Danielle Lente Natuurlik nie. Jy kan nie verniet al daardie pragtige klere bekostig nie. (hoor iemand aankom) Maar wag, ons praat later weer. (Kom ingestap deur kombuisdeur, met besem in hand ). (Praat met Lente) Uiteindelik! Ek het gewonder waar jy is! (Draai na pa). Môre drink ons sommer sjampanje vir ontbyt. Ons het sowaar rede om fees te vier. Ons maak so, my dogter. Geniet jou aand, moenie iets doen wat ek nie sal doen nie! (Soengroet en verlaat links, Tobie slyp ook uit.) Nou toe nou. So jy‟s die nuuste byvoegsel by Hotel Horribaal. Kyk net hoe lyk jy! „n Mens kan sien jou nikswerd pa het jou weggegooi. Shame! Maar nou ja, moenie nou net hier staan en verder my tyd mors nie! Moenie so praat oor my pa nie! Hy het my nie weggejaag nie! Hier is net meer geleenthede vir meisie soos ek. Vir meisies soos jy? O ja, natuurlik. Die skoonmaker- en bediendetipe – hoe kan ek vergeet. Dis nie so nie! Ek werk, want ek wil. Ek doen net my deel. Nou, as jy nie die slaaftipe is nie, watter tipe is jy nou kamstig? Hier is spesiale skole. Vir kinders wat kan dans en sing. En as die skole begin, gaan ek na so een toe.
  • 17. 17 Danielle Lente Danielle Danielle Lente Danielle Tante Tante Danielle Tante (Lag.) Jy kan skoonmaak en grappies maak! Jou ou dromer. Wat is die kans jy kom in! Die skool is vol, julle is arm en buitendien sal jy nie inkom nie. Wat kan jy nou in elk geval doen!? Jy‟s verkeerd. Ek gaan inkom. Ek kan dans. En ek kan sing. Die enigste plek waar jy dalk kan inkom, is by die kombuisskool, of in die sirkus! Jy‟s seker gewoond dat die kakkerlakke in jou kamer na jou luister. Jy‟s net nie goed genoeg nie! (Lag) Wag tot ek die ander hiervan vertel! ( Danielle en Dansers “Dancing Queen”, 3.51) (Kyk na Danielle) Kom nou, jy‟t my tyd lank genoeg gemors. Dra die pakkies. (draai dan om en begin loop.) (Tel „n paar pakkies op en gooi dit na Danielle, Danielle val vooroor) Jou vark! Ek sal jou wys! Jy dink … Aaah! (Gil) (Hoor geskree, hardloop in) Wat gaan hier aan?! Lente, stop dit dadelik! (klap Lente) Wat besiel jou? Danielle is „n baie belangrike gas. Hiervoor sal jy gestraf word! Loop dadelik! Danielle, verskoon tog haar gedrag. Jy verdien dit nie. Het sy jou seergemaak? Ek‟s okay. (Help Danielle op) Kom, ek help jou. Jy het nou „n lekker No mikes Ligths: Not full strength Lights: Full strengh
  • 18. 18 2.5 Danielle Tante Lente bad nodig. En moenie bekommerd wees nie, Lente sal dit nooit weer waag nie. Stap solank op, ek reken net gou af met haar. Ek sal regkom dankie (Verlaat verhoog) (Lente stap op met „n emmer en skropborsel, begin om stoele weg te skuif onder tafels.) Jy sal werk tot jy omval. Jou gedrag is nie aanvaarbaar nie. Nog een so „n voorval en ek stuur jou weg na „n kinderhuis! Hierdie plek sal van hoek tot kant geskrop word, en laat ek net een merkie op hierdie vloere sien! (Verlaat verhoog) (Sit emmer neer, gaan sit, vee „n haarsliert uit haar gesig en begin skrop. Vee so af en toe „n traan af. Lente sing “S.O.S”.) Light: Darker Head mike: Lente Lights: Dark Toneel 3 3.1 Rose (Verhoog donker, storm woed buite. Hoor donderweer. Rose en Lente stap in met trollie. Albei kyk op as weerlig slaan.) Hierdie weer is onheilspellend. Niemand kan in sulke weer uitgaan nie. Waar is Tobie tog? Hy‟s al lankal weg om hout te gaan haal. Die vuur moet nog aangesteek word. Sal jy solank die tafelmandjies opsit? Darker (lightning flashes from sides) Sound off
  • 19. 19 Lente Rose Lente Rose Tante Lente Tante Rose Tobie Rose Enige tyd, Rose. (Gaan haal die matjies.) Ek kan nie dink dat daar enigiemand vanaand sal kom nie! Maar ons dek maar. (Vee borde af.) (Kyk by die venster uit.) Hierdie weer maak my bang. Toemaar, dit sal oorwaai. Alles het „n manier om weer reg te kom. (Rose sing “Take a change on me”. 4.21) (Rose en Lente gaan dadelik aan met haar werk – kershouertjies en aansteek.) Is alles gereed hier? Die mense sal binnekort opdaag. (Aan Lente.) Hoekom is die kaggel nog nie aangesteek nie? Moet ek alles oor en oor sê? Ek wil nie hê die mense moet hierbinne vries nie! Maar tan… Praat jy terug? Doen net jou werk, dadelik! (Verlaat weer verhoog, Zoë na kaggel – pak hout uit mandjie in kaggel) Moenie jou aan haar steur nie. Iets byt. Dit was in elk geval nog altyd Tobie se werk. Hy sal seker nou hier wees. Iets moes voorgeval het. (Kom verwilderd ingehardloop van agter af, nat en vuil) Tante! Tante! Waar‟s tante? Wat is dit Tobie? Wat gaan aan? Louder, then softer Light: Lighter Head mike: Lente en Rose
  • 20. 20 Tante Tobie Tante Tante Rose Man 1 Rose Rose Eric (Kom ingehardloop) Wat gaan hier aan? Tobie, hoekom lyk jy so? Jy moes al lankal hier gewees het. Tante moet dadelik kom! Die De Villiers mense se kar het gegly en nou wil die vrou se baba sommer dadelik kom! Ek was by Dokter se huis, maar hy was nie daar nie! Tante moet kom help! Hoekom staan jy dan nog hier? Gaan haal my tas! (Tobie hardloop af) (Aan Rose) Rose, sorg dat alles hier goed verloop. Ek weet nie hoe lank ek gaan weg wees nie. Sorg net dat alles aangaan soos altyd. (Tobie terug, albei verlaat verhoog. Soos wat hulle uitstap, kom 2 mans en 2 vrouers binne, kyk hulle agterna, haal jasse af en gaan sit dan aan tafel.) Goeie naand, menere. Dis goed om julle te sien in sulke woeste weer. Wat kan ek solank vir u kry om te drink? (Eric en Riekie kom ingestap. Beide het bagasie, sit dit neer, trek jasse uit) Drie biere asseblief. Enige tyd. (Aan Lente) Gee solank vir hierdie drie elkeen „n bier. (Stap na Eric en Riekie) Lente gaan haal 3 biere en gee dit aan die mans. Goeie naand, meneer? Waarmee kan ek u help? „n Tafel vir twee? Naand, mevrou. Is u die bestuurderes? Ons soek eintlik
  • 21. 21 Rose Eric Rose Eric Rose Eric Man 1 Vrou 2 Lente Man 2 slaapplek vir die nag. Die weer is die sleg om verder te ry. Die ander plekke is vol. Hulle het gesê julle het altyd oop kamers. Ek‟s Rose, die kok, die eienares is ongelukkig uit. Ons het wel oop kamers. U is welkom om te oornag. Sit solank. Julle is net betyds vir aandete. (Rose wys sitplek aan) Dankie, ons is nogal honger. Kan ek vir u „n bier kry? Of koffie? „n Bier sal reg wees, en een koeldrank, dankie. Ek bring. (Aan Lente.) Een bier en „n koeldrank vir die man en die seun. Ek moet gou gaan kyk of alles nog reg is in die kombuis. Dit gaan maar dol hier met net ons twee. (Rose stap kombuis toe en Lente kry „n bier en „n koeldrank vir Eric en sy seun.) Dankie, dit gaan lekker wees. (Riekie knik net sy kop). (Wink vir Lente. Nog mense stap in en gaan sit.) 1 Glas vir die dame asseblief! (Lente gee glas) Is hier nie „n bietjie musiek in hierdie plek nie? Dit sal die bier sowaar beter laat smaak. Ongelukkig nie, meneer. (Neurie – I have a dream - terwyl sy dit doen, mans gesels.) Hey meisie, wat neurie jy so sag?
  • 22. 22 Man 1 Vrou 2 Lente Man 2 Ander Lente Sing harder, ons wil mos hoekal musiek hê. Hierdie plek is so dood. Musiek sal so „n aand „n bietjie ophelder! Nee, jammer, meneer. Ek kan nie. Kom nou, dis nie so erg nie! Daar is nie iets soos kannie. Wat sal nou in elk geval gebeur? Sing! Ja, sing! Sing vir ons! (Ander gaste be-aam) (Kyk na Riekie, Riekie glimlag net bemoedigend. Lente sit die laaste glase neer. Gaste raak stil. Lente Sing “Thank you for the music” – met dansers, 3.49) (Tante kom ingestap na tweede koor, Lente sien haar eers nie raak nie. Sien haar dan raak, sy hou op om te sing. Gaste cheer en sê sy moet aangaan, hulle soek nog musiek. Musiek versag geleidelik. Helen gluur Lente aan (Lente kyk terug). Verhoog verdonker, laaste lig val om hulle. Hoor net die donderweer en die weerlig in die agtergrond. Tante stap stadig nader. Lente sak neer om haar knieë, kop af, gesig in hande. Gordyne gaan toe. ) Head mike: Lente Lente Stop singing Fade music POUSE
  • 23. 23 Bedryf 2 Toneel 4 4.1 Tobie Lente Tobie Lente Tobie Lente Tobie Entr‟acte (2.20) Gordyne oop (Lente en Tobie kom ingestap. Verhoog heeltemal donker. Albei het lampe, Tobie dra tas. Sit die lamp op „n tafel/grond neer en die tas op die vloer. Sy haal „n papiertjie uit haar tas.) Wat het jy toe in die briefie geskryf? Net dat ek nie langer hier kan bly nie en dat ek eerder sal wegloop voordat ek na „n kinderhuis toe moet gaan. Los die briefie hier. Iemand sal dit kry en vir haar gee. Is jy seker sy sal niks agter kom nie? Ek‟s seker. Vertrou my net. Tobie, baie dankie vir alles. Was dit nie vir jou nie, moes ek iewers in die stad gaan werk soek het. En miskien was jy al die tyd reg – Lente moes nie my naam gewees het nie, eerder Winter, dit pas. Lente, alles sal regkom. Jy sal sien. Dinge kan nie langer so aangaan nie. Ek stap solank. Kom jy? Ek wil nog „n bietjie gaan slaap voordat ek moet begin werk. No mikes Light: Dark, with very little light (early morning hours, before sunrise)
  • 24. 24 Lente Lente Rose Tante Rose Tante Rose Tante Ek kom… Lente en Nicolene sing “One of us” 3.57. (Stap uit as klaar) (Rose en Tobie kom ingestap om gereed te maak vir ontbyt. Hulle begin die tafels afdek.) Ek wonder waar draai Lente so vanoggend. Miskien moet ek gaan kyk. Ek wil nie hê sy moet verder in die moeilikheid kom nie, veral nie na gisteraand se moles nie. (Voordat sy uit is, kom tante ingestap) Rose, waar is Lente? Ag, dit maak seker nie saak nie (neem boeke en geld, gaan sit by een van die tafels), van nou af is sy in elk geval nie meer „n inwoner van hierdie herberg nie. Na ontbyt moet jy gaan seker maak dat al haar goed gepak is. Sorg dat sy niks saamneem wat aan my behoort nie. Ek het reëlings getref vir haar vertrek. Helen, is dit regtig nodig? Sy‟s onskuldig. Onskuldig? Ek het haar belet om te sing! Sy‟t nie „n keuse gehad nie, daardie mans het haar so te sê gedwing. „n Mens het altyd „n keuse… Sy het ook een gehad. En ek het ook „n keuse. As eienaar gaan ek my nie verder met haar bemoei nie… Ek kan nie vir haar sorg nie! (Draai rug om uit te stap.) Head mike: Lente en Tant Helen Light: Lighter, not full
  • 25. 25 Rose Tante Tante Eric Tante Eric Tante Eric Sy‟s jou susterskind! Sy‟s familie. Jy kan haar nie net laat gaan nie! (Draai weer terug om – kwaad) Genoeg! Ek skuld haar niks nie. Hou jou maar net uit my sake uit. Jy het werk om te doen! (Rose stap vererg na kombuis.) … Dit lyk my julle het gisteraand nie te sleg gedoen sonder my nie (kyk na boek, kyk op en staar voor haar uit, sê die volgende sagter.) As dit maar net genoeg was … (Eric kom ingestap – na trollie – skink vir himself sap in.) Goeie môre, meneer. U is Mnr. Engelbreght, nie waar nie? Ek het in die boek gesien u het gisteraand ingeteken. Welkom hier! Ek‟s jammer ek was nie gisteraand hier om u te verwelkom nie. Dis doodreg. Ons het „n goeie ontvangs gehad. Die kos en die musiek was van „n baie hoë gehalte. Baie dankie vir die kompliment. Gaan u seun nie nou al eet nie? Nee, hy is nog bo in sy kamer. Ek wou hoekal vra of hy later ontbyt kan kry. U weet hoe is kinders van daardie ouderdom. Hulle steur hul net nie aan vasgestelde reëls nie.
  • 26. 26 4.2 Tante Eric Tante Eric Tante Eric Tante Rose Tobie Rose Tobie Tante Hy kan maar later afkom. Ek sal in die kombuis vra dat hulle vir hom ontbyt hou. Baie dankie! U moet my nou asseblief verskoon. Besigheid wag nie. So u is „n besigheidsman? So half en half. Ek‟s besig om uitbreidingsmoontlikhede uit te kyk. Dis juis hoekom ek in hierdie omgewing is. Wel, sterkte. Ek hoop u kry wat u soek. Dankie! (Verlaat verhoog. Tante kyk op haar horlosie en verlaat dan ook die verhoog. Rose loer in by deur, as sy sien daar is niemand stap sy en Tobie in.) Ek loop sommer saam. (Tobie en Rose is besig om glase en borde skoon te vryf.) Ek‟s bekommerd oor Lente. Waar kan die kind tog wees. Moenie worry nie, ma. Sy kan goed vir haarself sorg. Ek dink dis tyd dat ons na onsself kyk. Hoekom sê jy so, Tobie? Ons is mos gelukkig. Ma, ek het toevallig … (Tobie stop as tante en Kevin ingestap kom.) Dis goed om julle hier te kry. Ons het „n belangrike
  • 27. 27 4.3 Kevin Rose Tante Rose Tante Kevin Tobie Rose Tobie Rose afkondiging om te maak. Ek en Helen gaan binnekort trou. (Bronwin laat val bord, Rose buk om op te tel, Bronwin bring skoppie en bordeltjie.) .. Oh, (twyfelagtig) maar baie geluk. Ek het dit nie verwag nie. ..Ek hoop julle sal saam gelukkig wees. Het julle al besluit op „n datum? Dankie, Rose. Ons trou so gou as moontlik. Sommer hier, niks groots nie. Kevin het al klaar iemand gevra om die seremonie te lei. Jy moet asseblief „n paar eetgoedjies maak – so vir tien mense. Ek sal later laat weet vir presies wanneer. Reg so, Helen. Tobie, jy moet sorg dat hierdie plek skoon kom. Kom Helen. Kom ons gaan soek jou trouring uit. (Verlaat verhoog.) (Rose gaan sit.) Ek moet ma iets vertel. (Rose besig om weer op te staan) Nee, ma, sit eers. Ma gaan maar net vir een keer na my moet luister. Nou wat is dit, Tobie? Ek het toevallig „n gesprek … Het jy afgeluister?
  • 28. 28 Tobie Rose Tobie Rose Tobie Rose Tobie Rose Tobie Riekie Tobie Luister ma! Oom Kevin het vir Danielle van sy planne vertel. Sy planne? Hy wil net met tant Helen trou, sodat hy die herberg kan verkoop. Hy‟s nie lief vir haar nie. Daarna skei hulle, of hy gaan iets aan haar doen. Hy wil net haar geld hê! Maar is die herberg so waardevol? Hy het so gesê. Baie rykes stel glo belang. Dit gaan oor die ligging en die uitsig. Tobie, ek hoop jy vertel die waarheid. Dis ernstige sake hierdie… Dis al huis wat ons het. Helen is nou nie eintlik „n vriendin nie, maar ek wil nie hê sy moet misbruik word nie. Wat kan ons doen? Toemaar ma, ek het „n plan. Ek het genoeg tyd gehad om te dink. Selfs Lente word daardeur gehelp. Is jy seker? Moet ons nie liewers polisie toe gaan nie? Die polisie? Ons het geen bewyse nie. Wie sal ons glo? (Riekie stap in met „n walkman op sy ore. – hoor niks) Ek het jou hulp nodig. HEY! Enigiets om my vakansie „n bietjie op te kikker. Waarmee kan ek help? Hoe goed kan jy act?
  • 29. 29 4.4 Riekie Tobie Tobie Rose Tobie Man Redelik, ek het al aan skool shows deelgeneem. Wonderlik. Kom ek vertel jou my plan op „n meer private plek. (Albei verlaat verhoog.) (Tante en Tobie besig met die laaste voorbereidings vir die troue.) Waar is Riekie tog? Hy moet ons nie nou in die steek laat nie. Hy moes al terug gewees het. Tobie, ek hoop jy weet wat jy doen. Weet Riekie hoe ernstig dit is? Hy weet, ek het alles aan hom vertel. Liedjie speel (“I do, I do, I do, I do”) terwyl Rose en Tobie eetkamer regmaak vir troue (Stoele en tafels, Rose: Trollie af en CD-speler op)). (Mense kom ingestap met boekie. Hulle gaan sit op die stoele. Kevin en „n vreemde man stap na voor. Rose gaan sit op een van die agterste stoele. Tobie gaan staan by die CD- speler. Danielle stap in, knik vir Tobie, Tobie sit die “Wedding March” aan, stap dan uit. Danielle stap voor, tant Helen agter haar. Musiek stop as Helen voor by Masil staan.) Vriende, familie. Ons is vandag hier bymekaar om deel te wees van die eenwording van twee vooruitstrewende mense. Lights fade No mikes Fade when groom sits and bridesmade is left on stage Fade when bride is in front
  • 30. 30 Tobie Kevin Lente Helen Rose Kevin Helen Kevin Riekie As twee mense op so „n ouderdom bymekaar kom, weet ons dat dit geen kalwerliefde is nie, nee, tussen Kevin en Helen het vriendskap gegroei tot ware liefde. Van nou af sal hulle al hul gelukkige dae saam deurbring. (Tobie, Lente en Riekie kom ingehardloop deur kombuisdeur.) Stop! Stop! Hulle kan nie trou nie! Wat?! Iemand, stop hierdie kinderspeletjies! (twee mans staan op.) Los hom uit! Tante, jy kan nie trou nie. Kevin is „n skelm. Hy wil net trou, sodat hy tannie se geld kan kry! Hy wil net die herberg hê Watter snert praat jy nou? Verlaat hierdie herberg. Jy is nie welkom hier nie. Helen, luister na die kind. Riekie, speel die tape. (Riekie stap nader. Hou hand met “voice recorder” op.) Jy?! Kevin, ken jy hierdie seun? (Eric stap in, staan net agter.) Hy‟t „n onderhoud met my kom voer … jou verraaier. Jy‟t vir my gelieg! Jy was te vol van jouself. Dit het jou ondergang beteken. (druk play)
  • 31. 31 Tape Helen Kevin Eric Eric Helen “… jy sê doen ‘n skooltaak oor sakemanne. En jy’t my gekies. Ek’s bevoorreg. Jy’s welkom om ‘n paar vrae te vra: Watter werk doen u? (Riekie) Wel, ek’s ‘n sakeman. Ek sien sakegeleenthede raak en maak dan die meeste daarvan. Ek koop en verkoop meestal eiendomme, veral in hierdie area. ‘n Voorbeeld? Kom ek dink, kyk byvoorbeeld na die herberg om die draai. Dis oud, verwaarloos en lyk nutteloos. Die plek val omtrent uit mekaar uit. Maar ek het verder as dit gekyk. Die plek het ‘n wonderlike ligging vir enige besigheid wat hierheen wil skuif. Hulle hoef nie eers die plek af te breek nie. Net hier en daar kan verbeterings aangebring word. Baie mense sien nie die waarde raak nie, veral naïewe vroulike eienaars …” (Draai na Kevin.) Is dit waar, Kevin? Ek‟t gedog jy het my lief! Nou hoor ek dit was alles leuens. Hoe kon ek so dom wees! Ek moes van die begin af geweet het alles is te goed om waar te wees. Dis bog, alles leuens. Ek … (Eric stap nou nader). Kevin, hierdie keer kan jy nie wegkom nie. Helen, jy‟s nie die enigste een nie. Kevin het al „n hele paar dames so gevang. Kevin, ons het jou uiteindelik. Moenie eers dink om te hardloop nie. Die herberg is omring deur die polisie. (Haal sy boeie uit en boei Kevin.) (Aan die gaste) Ek‟s jammer, daar gaan nie vandag „n troue wees nie. (gaste verlaat verhoog.) (Aan Helen.) Ek‟s jammer. Ek wou vroeër iets sê, maar ek kon nie. Nie voor ons hom gevang het nie. (Sak neer. Rose gaan sit langs haar en hou haar vas.) Voice recording, no mikes
  • 32. 32 Rose Helen Lente Helen Toe maar Helen, van nou af staan ons op ons eie voete. Ek en jy, en Tobie en Lente. Saam gaan ons hierdie plek die beste plek in die omgewing maak. (kyk op na Lente, Lente stap nader.) Oh, Lente, hoe kan jy my ooit vergewe? Ek was so wreed. Ek … jy‟s so baie soos jou ma. Ek het haar so lief gehad. Ek is nie soos sy nie. Sy was altyd lief en gehoorsaam, almal se oogappel. Maar ek sal hard probeer om „n beter mens te wees. Vir jou, en vir almal hier. Gee my net asseblief weer „n kans! Ag, tante, ons sal. (Almal omhels mekaar.) Solank ek net nie meer in die ou stalle hoef te slaap nie! (Rose en Helen verbaas). So dit is waar jy was! Nee wat, van nou af kry almal ordentlike kamers. En jy, Lente, jy moet sing en dans. Soos hierdie plek nog nooit vantevore gesien het nie. (Helen Sing “Mamma Mia!” – met ander karakters en dansers, 3.33) Head mike: Lente, Rose en Tant Helen Na hande klap - Speel Perez se “Mamma Mia!”